Verlede maand
Geurige snoekkuite
 ~ 

Bestanddele:

  • 500 g snoekkuite
  • 2 ml rooipeper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • koekmeel
  • 1 eier, geklits
  • olie vir vlakbraai
  • gekapte vars koljanderblare (dhania) vir garnering

Loperige appelkoosblatjang:

  • 500 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml brandrissievlokkies
  • 7 ml knoffelpasta
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml sout
  • genoeg bruinasyn om 'n loperige blatjang te verkry

Metode:

1. Spoel doe kuite onder koue lopende water af en droog deeglik met kombuispapier af. Strooi die rooipeper, sout en swartpeper oor die kuite. Bestuif liggies met meel en doop in die geklitste eier.

2. Verhit die olie in 'n pan en braai die snoekkuite tot goudbruin. Garneer met koljanderblare en sit met loperige appelkoosblatjang voor.

3. Meng die appelkooskonfyt, brandrissievlokkies, knoffel, komyn en sout. Klits 'n klein bietjie asyn op 'n slag by die konfytmengsel in. Proe gereeld tot jy 'n gebalanseerde soet-suur smaak het en die blatjang loperig genoeg is (nie te loperig nie). Voeg meer konfyt by indien dit te loperig is. Sit saam met snoekkuite of gebakte vis voor.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters