3 maande gelede
Gestoomde gapermossels met gerookte ham en chorizo
 ~ 

Chorizo is pikante gerookte en gepekelde varkwors, oorspronklik van Spanje. Diè wors is gewoonlik rooi van kleur, met knoffel gegeur, en bevat helderkleurige sappe.

Bestanddele:

  • 1,25 kg gapermossels
  • 15 ml olyfolie
  • 15 g botter
  • 1 middelgroot ui, in dun skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 'n knippie paprika
  • 2 rooi brandrissies, fyngekap
  • 100 g gerookte ham, in dun skyfies gesny
  • 2 takkies pietersielie, fyngekap
  • vars suurlemoensap

Metode:

1. Maak seker dat die gapermossels skoon is deur hulle in soutwater te plaas en te skrop om enige vuilheid te verwyder.

2. Gaan elke mossel na om seker te maak dit lewe en dat dit styf toeklap wanneer jy daarop klop. Diè wat oopmaak en oopbly, moet weggegooi word.

3. Plaas die olyfolie en botter in 'n kastrol oor matige hitte. Laat die skyfies ui liggies sweet saam met die sout, peper, paprika en brandrissies totdat dit deurskynend raak.

4. Voeg nou die ham, chorizo, gapermossels en gekapte pietersielie by. 

5. Sit die deksel op en kook sowat 10 minute lank oor matige hitte. Roer van tyd tot tyd totdat die gapermossels oopgegaan het. Gooi eniges wat nie oopgegaan het nie summier weg.

6. Geur met sout, peper en 'n skeutjie suurlemoensap net voor opdiening.

*Resep uit: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekos kookboek deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters