11 dae gelede
Gebraaide kreef met kruiebotter
 ~ 

Kreef, soos ons dit in Suid-Afrika ken, word amptelik Weskuskreef genoem en verskyn op die oranje SASSI-lys.

Bestanddele:

  • 1 kreef, vars gevang
  • 100 g botter
  • 1 sprietuie, diagonaal gekap
  • 30 ml gekapte kruie, soos pietersielie
  • 1 suurlemoen, in wiggies gesny en in kaasdoek toegedraai
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

1. Kook die vars kreef wat pas gevang is sowat 3-4 minute lank en verwyder uit die kookwater met 'n gaatjieslepel.

2. Maak die botter sag en meng met die sprietui en kruie.

3. Sny die kreef in die helfte deur, voeg 'n bietjie kruiebotter en 'n skeutjie suurlemoensap by en kook dit, met die dop ondertoe, nog 2 minute lank op warm kole.

4. Geur met sout en peper.

*Resep uit: Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters