Verlede maand
Dim sims
 ~ 

Dim sim verwys na 'n Kantonnese kosstyl waar klein happiegrootte of individuele porsies gestoomde kospakkies tradisioneel in klein stoommandjies voorgesit en saam met tee bedien word.

*Jy benodig 'n bamboesstomer.

Bestanddele:

  • 500 g seekos (garnale en forel in hierdie resep), gekap
  • 2 eierwitte
  • 5 ml sesam-olie
  • 1 ml 'Chinese Five-Spice' - geurmiddel
  • 1 wortel, gerasper
  • 1 pakkie dim sim velle
  • piesang- OF kropslaaiblare om te stoom

Metode:

1. Kombineer die gekapte garnaal- en forel-afvalstukkies met een van die geklopte eierwitte en die oorblywende bestanddele, behalwe die sim sim-velle.

2. Meng goed en voeg 'n bietjie meer eierwit by indien nodig, om 'n vogtige, maar nie deurweekte mengsel nie te verkry.

3. Plaas sowat 10 velle op 'n skoon werkoppervlak en skep 'n klein teelepelvol van die mengsel in die middel van elke vel.

4. Verf die oorblywende eierwit aan die rand van die velle.

5. Draai die vulsel in die velle toe en seël die ente soos in die bygaande foto.

6. Stoom die dim sims sowat 10-15 minute lank oor kookwater in 'n bamboesstomer wat met piesang- of kropslaaiblare uitgevoer is. Laat die ruimte vir uitswel toe.

*Resep uit: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekos kookboek deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters