Verlede maand
Biefkebabs met grondboontjiesous
 ~ 

"Kyk mooi na die kos op jou bord. Dis nie sommer net 'n bord met eetgoed op nie. Kos vertel 'n storie van die kultuur van die mense wat dit voorberei het en die omgewing waar hulle woon."

Bestanddele:

Biefkebabs:

  • 5 ml eksotiese Thai-speserye
  • 300 g kruisskyf (rump), in repies van 6 cm x 3 cm gesny
  • 3 ml brandrissievlokkies
  • 60 ml donker sojasous
  • 30 ml ligte sojasous
  • 60 ml heuning
  • 125 ml kokosmelk
  • kebabstokkies om die vleisrepies aan te ryg (vooraf in water geweek)

Grondboontjiesous:

  • 10 ml kookolie
  • 10 ml groen Thai-kerriepasta
  • 85 ml grondboontjiebotter
  • 10 ml sagte bruinsuiker
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml vissous
  • 125 ml kokosmelk

Metode:

1. Kebabs: Strooi die eksotiese Thai-speserye oor die vleisrepies en hou eenkant. Meng die brandrissievlokkies, sojasous, heuning en kokosmelk. Giet die marinade oor die vleisrepies en laat oornag in die sous marineer.

2. Voorverhit die oond tot 200 oC en smeer 'n oondpan liggies.

3. Ryg die vleisrepies aan die geweekte kebabstokkies en rangskik in 'n enkellaag in die voorbereide oondpan.

4. Rooster in die oond vir 10 minute - onthou dat die kebabs nie oorgaarmoet raak nie, want dan in die vleis taai.

5. Grondboontjiesous: Verhit die olie stadig in 'n pan en braai die groen Thai-kerriepasta tot geurig. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker en grondboontjiebotter gesmelt het en die sous glad en blink is. Sit saam met die warm biefkebabs voor.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters