4 maande gelede
As ons grotes moet gaan klere kies, is die keuses nie breed nie
Foto ter illustrasie  ~ 

IS DIT teen die wet om vet of dik te wees?

Is daar ’n klousule in een van ons wette wat state dat djy minder moet vriet en gewig moet verloor?

Hoeko’ ekke dit vra, is oorlat ek tot in my vetdermpie glo dat klerewinkels teen ons ... ’m ... baie gewigtige mense diskrimineer.

Wiet djulle hoe sukkel hierdie lekke’ ekke my dik gat in klerewinkels af as ek vi’ my wil klere koep?

Jisteday! Dis ’n nagmerrie van epidermiese proporsies.

Definislis ’n gewigtige saak hierdie ...

Kyk, ekke het al accounts by elke klerewinkel onner die son gehad, maar kry elke keer trane in my navy blue ogies as ek daar na my sizes moet gaat soek.

Stywelip-girlies – wat lyk asof hul gesig gaat kraak as hulle smile – beduie net na die dubbel- en triple sizes se rakke as ek hulle sou vra vir hulp.

Maar jislaaik! Dáái sizes lyk dan soos bonsaiklere aan my liggaam.

Die oor-veertig-size broekies knyp die moer uit my ballas. En die T-shirts lyk asof hulle met ’n boggel in gemaak word, so beklemtoon dit die massiewe detail hier voorlangs.

Ekke soek klere wat lekker sit aan my. Kyk, ekke wil oek mos sexy lyk – nie in seksies nie!

Laat ekke dit sommer nou duidelik maak ...

Ekke issie vet nie. Ek is net duidelik sigbaar. Soort van, my geraamte sit net ’n bietjie dieper as maer mense s’n.

En moetie vi’ my kô vertel ekke moet gewig verloor nie. Ekke vriet nie eens so baie nie.

My dikgeite is in my gene.

Gaan vra maar my liewe moeder. Sy is net so duidelik sigbaar soes ­ekke.

Haar ma, my oorle ouma, was duidelik sigbaar. En ek glo dat my ouma se ma en háár ma en háár ma oek net so gewigtig was. So, dis geslagte gelede al so voorspel dat hulle se sondes oek op my sou val.

Maar come to think of it, praat die Groot Boek dan nie oek daa’van nie?

My dikgeid issie my skuld nie. Nou hoeko’ moet ekke dan so suffer om klere te kry wat pas? My geld is mos net so goed soos die minder gewigtige mense s’n, of hoe?

Julle klerewinkels moetie my bors warm maak en my cholesterol nog verder opstoot nie.

Kry djulle se gatte in rat en kry groter klere. Deliver daai service aan ammil djulle se customers – groot of klein, maer of vet.

Waar is my ewe dik brasse? Kom laat os saamstaan teen dié “euwel”. Maak djulle stemme oek dik!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters