2 maande gelede
SONPrins
taxi strike  ~ 

DIÉ week het ons Vrouedag gevier.

Vir baie mense is dit net nog ’n holiday en, ja, baie vertroetel die vroue in hul lewe op daai dag.

Maar kom ons kyk ’n bietjie na die werklike geskiedenis en hoekom dit so ’n belangrike dag is.

Op dié dag in 1956 het ongeveer 20 000 dapper vroue opgeruk na die Unie-geboue in Pretoria om teen die paswette te betoog.

Kortliks, ’n sekere deel van die bevolking moes te alle tye ’n interne pasboek saam met hulle dra.

Die paswette was ’n ingeboude (en groot) deel van die apartheidstelsel. Die vroue se dapperheid het beslis ’n kraak gevorm in die voetstuk van die bas­tion genaamd apartheid.

Vandag is dié dag ook van groot belang om die spotlight te vestig op die uitdagings wat vroue steeds in die gesig staar – dinge soos ma-wees, huishoudelike geweld, ongelykheid, seksuele teistering en ongelyke betaling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters