5 dae gelede
SONPadda
taxi strike  ~ 

JAMMER om dit omtrent elke week te doen, maar dit is ongelukkig die tragiese werklikheid in hierdie ou landjie van ons.

Ons het mos dié week Vrouedag gevier.

Maar op daai Woensdag het die minister van polisie, Fikile Mbalula, die familie van Aviwe Jam Jam (26) van Khayelitsha besoek.

Hoekom? Want dié arme jong ma is dood – en die vingers wys na haar boy­friend van Mfuleni.

Sy was sedert 22 Julie vermis en haar lyk is ’n week later by die Vygieskraal-stadion in Athlone gekry. Maar haar familie kon haar eers die dag voor Vrouedag kom uitken.

Aviwe het glo voor haar dood vir daai boyfriend gevlug. Die boyfriend is nou agter tralies, maar Aviwe is steeds dood en sal nooit terugkom nie.

Haar geval is nie eens so uitsonderlik nie. Hierdie soort geval is in die land so alledaags soos braai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters