4 dae gelede
Caster sien net goud in die 800 m
caster semenyaFoto: gallo images  ~ 

NIEMAND kan ligtelik opgeneem word nie.

Só het Caster Semenya oor vanaand se eindronde van die 800 m vir vroue by die Wêreldatletiekbyeenkoms in Londen gesê.

Al is die 26-jarige boorling van Polokwane die oorweldigende gunsteling om met die goue medalje weg te stap, weet sy alte goed dat sy steeds op haar beste moet wees.

Dit sal hierdie Olimpiese goue­medalje-wenner se tweede medalje van die byeenkoms wees.

Semenya het reeds die bronsmedalje vir die 1 500 m op die byeenkoms in Londen ingepalm.

Rustig

Sy het Vrydagaand baie gemaklik gelyk toe sy die vinnigste tyd (1:58.90) in die halfeindronde van die 800 m opgestel het.

Die eindronde van die 800 m vind vandag 20:35 plaas.

Semenya sê: “Jy kan nie te rustig wees nie, want daar gaan beslis sterk teenstanders in die eindronde wees.

“Dit is goed so. Ons sal egter net moet seker maak dat ons soveel moontlik probeer ontspan en dat ons goed vaar.

“Dit is belangrik om net die wedloop te geniet.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters