Verlede maand
’n Voorgevoel word later die werklikheid
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag bied ons julle Die Voorgevoel, ’n kortverhaal deur KEITH MEYER. ’n Rasta-priester, Shaggas Lewis, ontdek skielik dat hy ’n gawe het: Wanneer hy ’n paar walms van die holy weed intrek, kry hy visioene. Ongelukkig is die visioene net bad news. Dit voorspel eerder onheil, soos teenspoed wat familie en vriende tref wanneer hulle hul op die land se paaie begewe. Shaggas kan nie die visioene vir homself hou nie; hy voel dis sy plig om diegene oor wie dit handel, te waarsku oor wat die noodlot vir hulle inhou. Maar soos die mens maar altyd is, steur hulle hulle nie juis aan sy onthullings nie – totdat dit te laat is. Dié aangrypende storie val net mooi saam met mense se vergrype dié tyd van die jaar.

DIS 2 Januarie en duisende vakansiegangers is uitgeput ná die eise wat die Kers- en Nuwejaarsdagvieringe aan hulle gestel het.

Nou lê die lang tog in stringe voertuie terug huis toe voor.

Daardie nag kan Shaggas Lewis, die Rasta priest, nie ’n oog toemaak nie.

Die sweet wat van dié toegewyde prophet van Jah, hoog aangeslaan in die Religion of Rastafari, se grys slape vloei, kon netsowel bloed gewees het, soveel innerlike foltering verduur hy.

Shaggas het pas van ’n droom ontwaak, en dis die eerste keer dat hy so voel: Die droom was te real om net ’n droom te wees.

Vroeg die next oggend phone hy sy girly, Joa Koert. Sy is ’n crew member van een van die EMS-noodvoertuie langs die pad.

Joa – ’n sterk geboude vrou, effens langer as die gemiddelde vrou in die dorp – is ’n toegewyde en pligsgetroue nooddienswerker.

Toe sy hallo sê, trek Shaggas dadelik weg: “Joa, ek móét ’n droom van laas nag met jou share – ’n kettingbotsing op die R62 tussen Barrydale en Montagu, daar naby die padwerk; die eerste stop-and-go.

“Twee van die operators van die robots wat die traffic regulate, het ge-slice; karre ry stadig op mekaar af – tientalle van hulle.

“Dit was net te real om nie waar te wees nie. Dié voorgevoel het my never so laat stress nie. Gedog ek share dit maar met jou, want in die droom is ses karre involved en tien mense ernstig beseer, en julle moet die jaws of life use.”

Joa weet Shaggas meditate gereeld, so, sy vat hom nie eintlik kop toe nie.

“Toe maar, ons sal deal daarmee,” troos sy, en sy en die crew smile oor haar berk, die serious pastor, se angstigheid.

Een van hulle, ’n ou met ’n paar cool Ray-Bans, lag en sê: “Die ou vang tokkies; die operators is te oppie bôl; so iets het never ge-happen nie.”

En toe, presies 05:00, word die EMS crew ontbied – ’n baie serious accident by die padwerk.

Toe Joa daarop aandring dat hulle die jaws of life saamvat, wonder haar kollegas onder mekaar: “What kine met Joa? Coz daar kan mos nie gejaag word by die stop-and-go’s nie; dalk net ’n ligte botsinkie.”

Op die ongeluks­toneel is daar net liggame wat vassit in karre en bloed oral.

Joa raak yskoud. Wat Shaggas gedroom het, was toe nie nét ’n nagmerrie nie, besef sy.

Sy het egter nie tyd om te lank daaroor te dink nie, want met die einste jaws of life waarop sy aangedring het, moet lewens nou gered word.

Shaggas en Joa het later nie veel te sê gehad vir mekaar nie; hulle het net agree om nie weer te slice op sy drome nie.

Dit het naderhand vir Shaggas gevoel asof die noodlot hom misbruik om die boodskapper van slegte tydings te wees.

’n Week later, nadat hy weer die international herb gebruik het, kry Shaggas weer ’n vision. Dié keer bel hy sy vriend, Hennie, ’n verslaggewer.

“Boeta, sê vir jou fotograaf hy moet maar easy wees op sy jêmmie se gas, veral as hy dalk môre Mosselbaai toe gaan.”

Hennie voel Shaggas se vermaning is vreemd. ’n Koue vrees pak hom toe beet, want hy en Peter ry gewoonlik saam.

Die volgende oggend dring hy daarop aan om self te bestuur, maar Peter raak kwaad en weier.

So, stry-stry val die twee in die pad, maar Hennie vertel Peter nie van Shaggas se vermaning nie.

Peter jaag, want die kontak waarmee hy ’n onderhoud wil voer, is altyd stiptelik en kan nie lank wegbly van die werk af nie.

Anyway, Peter haat dit om laat te wees.

Minute later, by die vurk na Uniondale, bots hy teen ’n lorrie.

Hennie is ongedeerd, maar Peter sterf op die toneel.

Toe Shaggas daarvan hoor, is hy oortuig daarvan dat hy ongelukke kan voorspel. Dit voel naderhand vir hom asof hy doodsvonnisse fel, want hy is daarna met nóg drie accidents dodelik akkuraat.

Shaggas deel sy situasie met sy Rasta congregation.

Ganja-walms hang swaar op Mount Zion terwyl hy en die elders meditate om die curse in ’n blessing te try change.

Maar ’n paar aande later, nadat hy sy ganja ge-spliff het, droom hy weer: Twee slagoffers sterf in mekaar se arms op die pad tussen Albertinia en Riversdal.

Maar dié droom is raaiselagtig; dis moeiliker om te ontleed, want dit het minder detail.

Shaggas begin nou gewig verloor van die stres van die “vloek van die voorgevoel”.

Dit pla Shaggas geweldig dat hy dié keer nie weet wie hy moet waarsku nie.

“Miskien is dit ’n aanduiding dat hierie bad omen van jou wyk,” troos ’n ewe besorgde Joa haar evergreen love of her life toe hy dit met haar deel.

Saterdag kyk hulle maar heelmiddag love-stories en beplan ­hulle hul toekoms ná hul troue oor ses maande.

Die aand is Joa lus vir ’n bietjie window shopping. Sommer in die mall.

Shaggas is teensinnig, want die voorgevoel spook nog by hom, maar hy sê oukei.

Toe Joa die kar start, sê sy: “Jou voorgevoel is nie applicable op my nie, engeland, so, wees so kalm soos jou daggawalm; niks sal happen nie.”

Hulle moet verby die club ry. Snaaks, vanaand is dit stil. Gewoonlik is dit woelig. Net die club se sound sys­tem verbreek die nag­stilte.

Maar skielik dreun ’n ander klank op: die wroem-wroem van jong laaities wat af-show met hul karre se exhausts.

Dis nie ’n verrassing nie, want die Golf R boys wat sound af-show, is ’n alledaagse ding by die club.

Maar skielik pyl ’n jêmmie reguit af op die paartjie. Joa swaai net betyds uit, maar sien nie die aan­komende trok nie . . .

Sy tref die trok met ’n helse slag en dié se een voorwiel loop bo-oor Shaggas se Merc SLK.

  • “Twee slagoffers is gisteraand dood in ’n botsing reg van voor voor die club,” lui die inleidende sin in die plaaslike koerant die volgende oggend. Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters