4 maande gelede
Merts sien hul gat nadat hulle rustige dorp inval
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Hier is ’n kortverhaal deur KEITH MEYER. Hy noem dit #Mertsmustfall. Lekker lees!

Die bou van rye en rye Hop-huisies verfraai die dorp. Inwoners kan nie genoeg uitgepraat raak oor die pragtige wonings wat reeds die afgelope drie jaar hier opgerig word nie.

Tog begin die maatskaplike euwels hier toeneem. Want die rustige kusdorpie, Duinefontein, begin ’n nes van dwelms word soos die merts hier intrek.

“Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense hul huise verhuur aan die merts en dan liewer nog in hokkies agter by ander mense in die yard gaan bly.

“Ek kan ook sien dat die plakkerskamp, Matjoks, dan nie kleiner word nie,” kla Ciena Myburg by haar, man, Theuns.

Die dorp begin ook geleidelik agteruitgaan wat maatskaplike euwels betref.

Paul Johnson, die speurhoof, sê: “Vreemde, blink karre is ook volop deesdae hier. Hier waar werkloosheid hoogty vier.

“Waar die vreemdelinge met die goud oral oor so regkom om Hophuise te huur, slaan my dronk.”

Selfs die polisie kom agter dat die misdaadstatistieke deur die dak gaan. Die handjievol manne in blou moet nou aan vele fronte veg.

Daar is elke week ’n rape, en inbrake laat inwoners snags met knopkieries en handwapens onder hul kop slaap.

Dagga, Mandrax, tik en coke is net so volop soos die aantal blikwinkels wat in elke buurt opskiet.

Snaaks genoeg hang daar altyd jong laaities rond by die blikwinkels van die buitelanders.

“Dis waar Prime Evil hulle dinge plan,” sak Nita Fredericks, ’n bekommerde skoolhoof, af.

En toe vind twee van die wreedste moorde een aand plaas wat al wat ’n koerantman is op die dorp laat toesak. Cops moet bontstaan soos hulle moet please explain.

Nita Fredericks, die onverskrokke skoolhoof wat drugmerts aanvat wat drugs aan haar skool-laaities smokkel, is eers verkrag en toe is haar gesig vergruis.

Die dorp weet dat die merts van buite vir die moord verantwoordelik is. Maar wie?

Donnica Brown, die dorp se maatskaplike werker, se huis is aan die brand gesteek en sy is deur ’n gang van vyf ge-rape.

Sy sterf aan haar wonde enkele ure nadat die cops haar buite haar huis aangetref het. Brown, wat ook ’n polisiereservis was, het reeds verskeie runners aan die pen laat ry.

Inwoners leef in vrees.

Intussen juig die merts en is openlik verheug oor die dood van twee van hul grootste rivals.

Lt. John Redlands, die cluster commander, stel ’n span van vyf speurders saam om te intervene. Onder hulle is die top-speurder Conor September.

Fredericks se broer, Derrick, vergader intussen met die dorpsraad oor die verhuring van huise aan druglords.

Nina Brown, die burgemeester, wat toevallig Donnica se suster is, is ewe vasbeslote in die “war against druglords”.

’n Raadsbesluit word op ’n spesiale raadsvergadering geneem dat ’n kommissie aangewys word om vas te stel wie almal huise huur of verhuur, want dit is onwettig.

Intussen bly skoolkinders by dosyne uit die skool, want drugs loop soos water in die strate rond omdat die twee stoppers – Fredericks, die skoolhoof, en Brown, die social worker en fighter – mos uit die weg geruim is.

Ná maande raak ouers nou al ongeduldig met die ondersoek en eis nou die kop van die plaaslike stasiekommissaris, kapt. Dave Jonkers.

Drie weke later is die raad se verslag voltooi en word dit aan die cops oorhandig.

Speurder September roep die cops se span saam: “Dis nou tyd vir aksie.

“Aan die een kant is die inwoners hot op ons case. Aan die ander kant moet ons die wet toepas en kan ons nie soos vigilantes net voor die voet aankeer nie. Maar vannag gaan Operasie Zonke (almal) uitgevoer word.

“Vat voor die voet, almal wat net ’n link het met die merts. Ons het die huise se nommers. Slaan sag toe. Slaan effektief toe, stroop die merts van alles. . . Vanaand is ons, Die Ama-Barettas, op hul beste. Mans en vroue, skud hulle, al moet julle hulle ook inwendig ondersoek.

“Vroue wat drugs in hul moemfies wegsteek, mans wat drugs poke, julle weet wat om te doen. Maar môreoggend moet al die gemerkte huise leeg wees van drugs en merts.”

Toe sak daardie nag ’n kusreëntjie uit en die Ama-Barettas buit dit uit.

Merts word sommer bewusteloos gemaak met chloroform waarmee hulle versmoor word. Die ongemerkte bakkies buite in die strate raak vol bedwelmde merts.

Selfs vroue word inwendig ondersoek soos die commander-in-chief se opdrag was.

Vroeg die volgende oggend toe die inwoners begin wakker word, begin hulle besef maar daar is sekere van die mert joints leeg . . . die druggies wat aan die deure klop, kry nie antwoorde nie.

Vinnig hardloop die nuus op langbene dat die merts uit drie verskillende woonbuurte verwyder is.

Selwin Meerendal, ’n visser, merk op: “Iets laat my beter voel. Die cops het hul werk gedoen.

“Ek sê mos daai speurder September vat nie k*k van kabouters nie.

“Hy speel hulle once plat as hy op die job is! Nou kan ’n man meer gerus op die see gaan.”

Inwoners is nou self op ’n high. Daardie nag begin heldergeel ligte die gewoonlik swak verligte woonbuurte ophelder. Gatvol inwoners dans in die strate met fakkels rondom huise wat brand. Boendoehowe het besluit de laaste mert joint moet uitgebrand word.

Die fire brigade en Working on Fire het hul hande vol om die brande te blus. Maar selfs onder hulle is daar ’n traagheid om werklik die huise te red: “My eie kind het ’n runner vir die gemorste geword.

“Ek maak f*kk*l brande dood nie. Ek doen dit vir my seun en die inwoners van Duinefontein.

“Ons moet die cops se hand sterk maak in die fight teen die gesamentlike enemy,” laat hoor ’n vasbeslote John Davids, die fire bri­gade se voorman.

Die Maandag is die plaaslike landdroshof ’n miernes van bedrywighede.

Ekstra security is ingebring omdat merts gedreig het hulle gaan van hul comrades van ander plekke inbring om hulle te kom help escape. Selfs Nyalas staan in rye met lemmetjiesdraad oral gespan.

Die saak teen die beskuldigdes loop weke lank sonder bail. Ná die derde week word almal wat in Operasie Zonke aangekeer is, effektief tot ses jaar tronkstraf gevonnis. “Our townships are­ clean.”

Inwoners juig met plakkate: “Long live September!”

  • Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters