2 maande gelede
Losbol Benji kry dalk sy perfekte girl op Faceboek
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons ’n kortverhaal van KEITH MEYER. Hy noem dit Kersfees van 2016. Lekker lees!

Die Willemse-gesin van Kallitsdorp is ’n baie gelukkige en bekende gesin in Royal Heights.

Pa Jakkie en Ma Sarie het twee lieflike jong klongens, Benji en Chris.

Benji is die casanova in die dorp terwyl Chris die een is wat reeds in ’n steady relationship met dominee Pieter Radyn se dogter, Zelda, is.

Dominee het self gesê hy hoor nie net die koortjie “Ek hoor die hemelse klokke lui” nie, maar hy en sy vrou, juffrou Kim, hoor al huweliksklokke lui.

“Chris en Zelda is die dorp se perfekte paartjie.

“Ek hoop net dat Benji ook eendag tot trou sal kom.

“Hy trek van blom tot blom soos ’n heuningby die blomme bestuif,” kla Jakkie by sy lieflike vroutjie, Sarie.

Die plaaslike kroeg, Stasie Sewe, is die bymekaarkomplek van die dorp se jong mense.

Hier kan jy ál wat ’n soppy storie is oor die jong mense hoor.

“Benji het glo ’n beaulah van ’n girly op Facebook raakgeloop. Hulle is nou al so aan die chat op WhatsApp dat die foune se batteries smelt van die heated messages.

“Dis glo net ’n matter of time voordat die twee personally gaan meet,” skinder ds. Radyn se oudste seun, Lee.

Benji self kap zip oor al die skindertonge se geluide. Hy speel steeds casanova.

Chelsea, een van Benji se stukkies, is omgekrap. Sy besluit om Benji once aan te vat oor die stories.

“Benji, is dit waar dat jy ’n Facebook-verhouding met iemand het wat jy glo binnekort gaan ontmoet?

“Was ek net jou tydverdrywer, die een wat jou eensame aande moes vol maak? Die een wie se liggaam jy net misbruik het?

“Ek weet van jou ander los meide, maar ek het geweet hulle is nie ’n bedreiging vir my nie.

“Ek het jou Facebook friend list ge-scan, maar daar is so baie meide dat ek nie weet wie die een is met wie jy nou steady wil uitgaan nie!” huil Chelsea haar hart leeg.

En só try elkeen van Benji se loslyfies uitvind.

Maar Benji is so toe en so onleesbaar soos die Egiptiese hiërogliewe.

Daardie Saterdagoggend trek ’n afslaankap-Merc SLK met ’n registrasienommer van Mosselbaai voor die Willemse-familie se hek op. ’n Meisie wat maklik die bynaam “Die Lyf” kon kry, klim stadig uit die snazzy kar.

Sy is die mooiste mooi.

Toe kom Benji uit en hulle ruil hugs uit. Iewers skuif ’n gordyn oop.

Elders loer mense van agter hul blinds uit.

Benji se Facebook girl Renay het uitgesteek.

“Welkom, Renay! Stap binne. My ouers wag om jou te ontmoet. Hulle is liewe mense.”

Benji-hulle sit hul beste voet by sy familie voor en ná ’n gesprek van bykans ’n halfuur het die paartjie die blessings van Benji se ouers.

Renay het hulle vertel haar ouers is sowat drie jaar gelede oorlede en sy is die enigste kind wat haar ouers aangeneem het omdat hulle kinderloos was.

Benji sê vir sy meisie: “Renay, aangesien jy ouerloos is, kan jy my ouers aanvaar as jou voorlopige ouers.”

Renay bloos omdat sy weet wat hy bedoel met “voorlopige ouers”.

Daarvoor het die gesprekke op WhatsApp en Facebook se inbox net te diep en ver gevorder.

Nou raak dit ’n gereelde oor-en-weer-kuiery tussen Benji en Renay. As Renay nie in Kallitsdorp is nie, dan ry Benji oor na Mosselbaai, waar hulle naweke kuier. En die weke het maande geraak.

Toe, een somersaand op Diazstrand, met sjampanje en ’n klein boksie in die hand, vra Benji die groot vraag: “Renay, sal jy asseblief my vrou word?

“Jy het my ’n ander mens gemaak en jy verdien net die beste!

“I’m down on one bended knee . . .”

Trane het uit Renay se amandelvormige ogies gerol.

Die seewind het dit droog gewaai en al wat Renay kon uitkry, was: “Benji, my Benji. Ja, ja!”

Selfies word geneem en toevallig merk Benji op dat hulle nogal baie na mekaar trek . . . En hulle is ook ewe oud . . .

Dit is net twee maande voor Kersfees.

Die twee besluit om een aand deur te ry Kallitsdorp toe om die nuus met Benji se ouers te gaan deel.

Dit is nou al ’n maand vóór Kersfees.

Benji kry vir die eerste keer kans om Renay se SLK Merc te bestuur. “Dié wa ry soos ’n droom, my aanstaande!”

Renay speel net love songs.

So tussendeur speel “Mary’s boy Child” ook, want die musiek op haar stick het reeds Kersfees-songs ook op.

En dan, in die Robinsonpas, verloor Benji beheer oor die Merc. Die kar rol en albei lê bewusteloos in die kar.

Die airbags het hulle van ’n gewisse dood gered.

Toe hulle hul oë oopmaak, is hulle albei in die Bayview-hospitaal.

Benji se ouers is toe al reeds daar. Die dokters verduidelik dat ­Renay dringend ’n bloedoortapping moet kry.

Sy het ’n uiters seldsame bloedgroep en as dit nie binne ure gekry gaan word nie, kan sy sterf.

’n Bonatuurlike gevoel tref Pa Jakkie. “Kyk sommer of my bloed sal match?” vra hy met ’n soort van sekerheid.

Die dokters is desperaat, trek bloed, en daar, sowaar, stem die bloedgroepe ooreen.

Dr. Reece Timm staan verbaas: “Hoe is dit moontlik?” wil hy weet.

“Want u red vanaand hierdie jong vrou se lewe. Kan dit net toeval wees?”

En toe bars die Willemse-egpaar in trane uit.

Ma Sarie verduidelik: “Ek het destyds ’n tweeling verwag.

“Ons het besluit om een op te gee vir aanneming, want ek het aan nageboortelike depressie gely en wou nie twee babas hê nie.

“Toe ons Renay die eerste keer ontmoet, het daardie gevoel my reeds beetgepak, maar ek wou nie die twee se geluk bederf met my voorgevoel nie. Nou is dit ongelukkig die waarheid. Renay is Benji se tweelingsussie!”

Daai Kersfees heers daar ’n mengsel van hartseer en vreugde in die Willemse-huis. Koerante sak soos aasvoëls op die gesin neer.

’n Plaaslike TV-kanaal koop die storie vir R1 miljoen. ’n Nuwe gevoel van beroemdheid pak die gesin.

Maar saans, dan huil almal diep in hul harte. Die tyd sal die wond-gedeelte van die paartjie genees.

  • Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters