3 maande gelede
‘Dié spietkops jaag seks en geld’
skuldig: Oscar Gerbach gaan nou die staat help teen twee vermeende korrupte spietkops. Foto: FACEBOOK  ~ 
twee beskuldigdes: Karel ­Davids en Andile Dondolo verskyn weer volgende maand in die hof.Foto: COLIN HENDRICKS
skuldig: Oscar Gerbach gaan nou die staat help teen twee vermeende korrupte spietkops. Foto: FACEBOOK
SAAK: Karel Davids se dag in die hof is nog lank nie verby nie. Foto: BASIL DAVIDS

DRIE spietkops het die verkeersdepartement se naam lelik deur die modder gesleep.

Twee van dié drie het verlede Vrydag in die Bellville-handelshof verskyn oor hulle glo seksuele gunsies van vroue gevra het inruil vir rybewyse.

Karel Davids (44) en Andile Dondolo (44) van die verkeersdepartement in Ashton verskyn weer op 20 April in die hof.

Die geld en seksuele gunsies dui op onwettige belonings en mags­gebruik, lui hofdokumente.

Die twee beamptes het glo óf R2 500 gevra óf seksuele gunsies.

Davids van Bonnyvale en Dondolo van Swellendam het glo leerlinglisensies onwettig uitgereik aan twee vroue vir seksuele gunsies en of geld.

Hulle het glo geld van twee mans as beloning gevat.

Dié twee mans is laas Vrydag gestraf oor hulle geld aan Davids en Dondolo betaal het vir hul rybewyse.

Khayalethu Mxube (42) van Stellenberg en Oscar Gerbach (55) is skuldig bevind en vyf jaar opgeskorte tronkstraf opgelê oor hulle geld betaal het om hul rybewyse van ­Davids en Dondolo te kry.

Die twee het glo geld aan Jason Naidoo, wat ook by die Ashton-verkeersdepartement werk, betaal wat dan glo die geld aan Davids en Dondolo gegee het sodat leerlinglisensies onwettiglik uitgereik kon word.

Mxube het in sy pleitooreenkoms met die staat gesê dat hy geld aan Naidoo betaal het vir die uitreiking van bestuurs­permitte.

Hy het erken dat hy nooit enige toetse geskryf het vir die lisensie nie.

Gerbach het in sy skulderkenning gesê dat hy ook geld aan Naidoo betaal het, wat hy toe aan die ander twee beamptes betaal het.

Deel van Gerbach en Mxube se pleitooreenkoms met die staat moet dié twee die polisie bystaan in hul ondersoek teen Naidoo, Davids en Dondolo.

Volgens die ooreenkoms moet hulle “bevredigende bewyse” aan die polisie bied oor die drie beskuldigdes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters