4 maande gelede
Manne speel tennis in pad
Skermgreep: NEWSFLARE  ~ 

TWEE mans wat op ’n Britse snelweg in ’n verkeersknoop vasgesit het, het die beste van hul situasie gemaak deur in die pad tennis te speel.

’n Clip wat laas Saterdag in Newbury geneem is, wys hoe die ouens op die M6-snelweg ’n tennisbal met rakette slaan. Ander motoriste staan verstom en kyk wat aangaan.

Die verkeersknoop is deur ’n lelike ongeluk veroorsaak wat die gebruik van ’n lugambulans vereis het. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters