4 dae gelede
Eetplek laat aap uit die kou
Foto: jagran.com  ~ 

IN DIE Kayabukiya-taverne in die Japanse stad Utsunomiya is die kelners regte ape. Regtig!

’n Klomp apies in koddige uniforms bring die gaste se drankies en servette na die tafels.

As beloning kry die apies aan die einde van die dag ’n tros piesangs.

Dit het alles byna 30 jaar gelede begin toe die eienaar se apie die kelners begin na-aap het. Intussen het hy ’n hele span mak ape wat toeriste trek.

Sommige mense meen dis dieremishandeling, maar Kaoro Otsuka, die eienaar, sê hulle praat twak. – ad.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters