4 dae gelede
Manana moet gaan
Mduduzi Manana  ~ 

SOMMIGE mans het nou eenmaal nie respek vir vroue nie.

Maar dat ’n hoëprofiel-politikus en sy vriende hulle skuldig kan maak aan die aanranding van vroue, is darem net te erg.

En dit nogal in Vrouemaand – die maand waarin vrouekwessies meer as gewoonlik in die kalklig is. Die beroep van opposisiepartye en drukgroepe dat Mduduzi Manana, adjunk­minister van hoër onderwys, afgedank word of self bedank, moet ondersteun word.

Manana het verskoning gevra omdat hy verlede naweek ’n vrou in ’n restaurant in Johannesburg aangerand het. Hy het Donderdag in die hof verskyn, maar was (by die skrywe hiervan) nog nie uit sy amp geskop nie.

Hoekom nie, weet nugter.

Dis duidelik Manana is nie geskik om in die regering te dien nie.

Hy is ’n verleentheid vir die ANC en vir elke regdenkende Suid-Afrikaner. Hy moet gaan!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters