2 maande gelede
Amor Vittone vanaand in die Laan te sien!
Leana Clunies-Ross  ~ 

Kykers van 7de Laan kan vanaand op die uitkyk wees vir ’n nuwe, maar bekende gesig wat haar opwagting in Hillside Heights gaan maak – blink naels en al.

Die sangeres Amor Vittone (44) het haar September by die rolverdeling aangesluit en sal van vanaand af as Zelda in SABC2 se gewilde sepie te sien wees.

Vittone het haar opgewondenheid oor haar nuwe rol op Facebook gedeel.

Só lyk Zelda, Amor Vittone se karakter in 7de Laan, se naels.

Sy het ’n foto van haar naels daarby geplaas met ’n kriptiese boodskap oor haar karakter: “ ’n sneak van hoe my naels moet lyk . . . meer oor die karakter . . . later!”

Rosa-Mari Erasmus, 7de Laan se woordvoerder, sê Vittone sal slegs tydelik op die program te sien wees.

Sy wou nie enigiets verder oor haar karakter of die storielyn verklap nie, maar het getwiet:

Lees meer hier

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters