3 maande gelede
Rhafiek wil sy naam in ere herstel
Agterdogtig: Rhafiek (Irshaad Ally) raak wantrouig oor Tim in Suidooster. FOTO VERSKAF  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae op kykNET & Kie, 20:00

Chris glo dis nou die tyd om sy verhouding met Lee-Ann aan almal te erken. Tim is bekommerd Ian gaan sy geheim uitblaker.

Rhafiek wil sy naam in ere herstel. Mymoena kry ’n onverwagte besoeker. Ian het ’n plan om Tim aan die kaak te stel, maar vertel nie vir Lee-Ann daarvan nie.

Rhafiek se vermoedens oor Tim raak intenser en die bedrogsaak bereik ’n onverwagte klimaks.

Mrs. J ontvang skokkende nuus wat almal se lewe in Ruiterbosch kan beïnvloed.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters