7 maande gelede
Mazwi besef daar’s iets fishy aan die gang tussen Tebogo en Smanga
Foto: Afternoon Express  ~ 

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1


Die Diale-sibbe besef daar is afdraande as jy baie geld wil maak.


Tshidi weet Jack lieg en sy hou glad nie daarvan nie. ’n Woedende Getty konfronteer Smanga by die werk. Cosmo sien nie uit daarna om iemand aan te rand nie.


Mazwi besef daar’s iets fishy aan die gang tussen Tebogo en Smanga. Gadaffi besef hy word agtervolg.


Zitha is vasberade om uit te vind oor haar ma se miljoene. Lucy sal nooit erken sy weet nie waarin sy haar begewe nie.


Xolelwa gril toe sy Lebo-hulle moes bedien. Fana is nie bestand teen Jack se manipulasie nie. Smanga is geskok toe Namhla hul verhouding wil uitbasuin. Tshidi wil weet waar sy met Jack staan.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters