5 maande gelede
Sy’t nes Mariaan haar slymkonyn met enige wortel gevoer
Foto: www.gaenor.co.za  ~ 

VRYDAG vra Xander daai ander lawyer vir advice, want Chris het besluit hy gee Mariaan niks – nie ’n dooie sent nie.

Ek support Chris in sy besluit. Chris, jy verdien baie beter.

Mariaan het haar troetelpadda met ander manne laat speel. Ek sê “manne”, want ons weet nie of daar nog ander manne behalwe Frank was nie.

As sy daai slap en sletterige dinge met Frank kon doen, dan kon sy dit met enige ander man ook doen.

Matrone en Diederik se hele liegtery met die drag queen besigheid is in die Oggendblad. Almal weet nou dat Matrone eintlik erg skelm is. Arme Diederik se reputasie is klaar nie watwonders nie.

Dawid Greeff is heeltemal terug en hy soek sy seun. Thinus is mos eintlik Dawid se seun. Daai week toe Dawid in Johannesburg en 7de Laan gewoon het, was Emma mos nog nie in die tronk nie. Sy’t daai tyd nes Mariaan haar slymkonyn met enige man se wortel gevoer.

Vir een of ander rede het Rickus sy ma se kant gekies, maar groot was sy verrassing toe hy Chris en Xander in die mansion afluister en hoor hoe hulle gereed maak vir ’n moerse skeisaak.

Rickus wou die huwelik nog probeer red en sy ouers terug by mekaar bring soos hulle op daai Disney movies maak, maar ons almal weet mos Chris vattie k*kkie.

Mariaan is natuurlik vol hoop vir die toekoms, maar sy moet haar hoop los vir die dag van oormôre.

Sy kry amper ’n black-out toe Xander haar vertel dat dit tyd is vir skei. Sy vertel vir Xander dat sy nie vir Chris of haar familie kan verloor nie. Nog nooit was ougat maak met ’n onaantreklike man die manier hoe jy jou familie wys hoe baie jy vir hulle omgee nie.

Ek dink sy verstaan die huwelik so lekker nie. Al daai jare se hair spray en bleach wat haar so deurmekaar maak.

Justin avoid vir Alexa soos die koue donker nag, maar hulle is­sues is ook al so boring ek lus nie eens daaroor praat nie.

Marko probeer ook by Xander legal advice kry sodat Dawid nie vir Thinus kan vat nie. Marko is skielik siek en ek dink Dawid het hom vergiftig.

Volgende gaan Dawid vir Rita, dis nou Thinus se ouma, vermoor sodat hy toesig oor Thinus kan kry. Die hof sal dan in sy guns moet werk sodat hy vir Thinus kan wegneem Amerika toe sonder enige issues. Julle ken baie duidelik nie vir Dawid Greeff baie goed nie.

Die ding met Alexa kan net lelik raak, mense. Haar ma jol, haar pa drink, haar suster is maklik haar halfsuster, haar broer Rickus is irritating en haar bruin berk het nóg ’n goose in ’n koma wat nes sy lyk en die vrou is besig om wakker te skrik. Ek sien ’n nuwe Gita aan die broei of ’n dramatiese selfmoordpoging . . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters