7 maande gelede
Rickus dalk net Frank die beer se buite-broeiseltjie
 ~ 

DONDERDAG kom Amorey op Sweets se love letter aan Beer af en eenvoudig soos wat sy is, dink sy dis aan haar pa Chris geskryf.

Sy lees toe die ding hardop vir die hele familie en Mariaan lyk asof sy haar eie dogter met ’n blikkie Doom kan dood spuit.

Gepraat van eie kinders, ek is nou heeltemal daarvan oortuig dat Rickus eintlik Frank se kind is.

Hy’s die oudste en as Mariaan en Frank sleg met mekaar was, sou die eerste kind mos die buite-broeisel wees.

Dit klink nie asof hulle mekaar weer ná die troue lekker gemaak het nie. Mariaan lyk darem slimmer as dít.

Rickus of eerder Buite Beer is gelukkig slimmer as die res van die familie en figure vinnig uit dat Frank eintlik Beer is.

Toe konfronteer hy vir mammie Mariaan, maar dié se bek is so glad soos vars relaxer.

Sy dodge haar slimste kind se vrae soos ’n world champion ninja en sy oortuig daai los kind daarvan dat sy net met oom Frank gevry en handjies vasgehou het.

Connie gaan saam met Marko uit en hy los haar met die rekening.

Nou, Connie het nie meer as R42 op haar naam nie, so ek weet nie hoe sy daai rekening betaal het nie.

Diederik moet nou soos ’n jong dame try lyk sodat Matrone die brugkompetisie Zanzibar toe kan wen, maar hy’s ongelukkig nie ’n baie mooi vrou nie.

Hy lyk taamlik ongelukkig oor die situasie, maar hy is seker maar baie lief vir Matrone en Zanzibar is Zanzibar. Ek ken nogal heelwat moffies wat soos vroumense sal aantrek vir ’n trip Zanzibar toe.

Dié week het Connie weer ná tien jaar haar verskyning gemaak. Sy’s mos destyds land uit om model te speel in Amerika.

Nou praat sy Amerikaans, maar selfs met ’n ring van R50 000 aan haar vinger kan sy nie ordentlike make-up bekostig nie.

Ek sal haar moet bekendstel aan my vriendin. Sy verkoop sommer MAC make-up uit haar Polo se boot.

Enigiets sal beter vertoon as die afskeep wat sy haarself tans mee beplak. Dis eintlik ’n sonde dat ’n voormalige model só moet lyk.

Ek sou dit vreeslik waardeer as wie ook al die episodes SABC 2 toe stuur vir uitsending net so af en toe check of hulle die regte episodes stuur, want my hele week was ’n moerse gesukkel.

As ’n mens eers besef dat jy verkeerde episode kyk, moet jy die volgende dag uit-figure waar jy in die storie is, want alles is erg deurmekaar.

Hulle moet mense soos ek en jy, wat in die week drink, in ag neem. Konsentreer is moeilik as ’n mens goed geolie is. Dis slegte maniere. Ons skinder weer volgende week verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters