4 maande gelede
Petro wil stiefma speel vir ’n kleurgrens-baba met koushare
 ~ 

VRYDAG is Pulane vrolik nadat Sifiso vir haar oulik maak. Hulle is nou weer ’n couple en lewe in sonde lank vóór die huwelik.

Sifiso het die duurste tekkies in T&T gekoop – seker net om op te maak vir die ou skoene wat hy weer aantrek met Pulane. Julle sal nooit regkom nie, want julle leer nie uit jul foute nie!

Marko praat weer Zoeloe met Afrikaanse gesigsuitdrukkings. Dis baie vreemd, maar ons lewe mos in ’n nuwe tyd waar ’n mens verdraagsaam met almal en alles moet wees, maak nie saak hoe irriterend dit is nie.

Die Welmans, oftewel Chris die alkoholis en Mariaan die Afrikaanse Revlon-advertensie, staan en lewer kommentaar oor Felicity en Willem se bloedskande.

Die gemengde broeisel is sterk op pad en dit gaan die Welman-naam deur die modder sleep.

Chris en Mariaan is erg omgekrap, maar vergeet gou van hul eie ingeboude kaste vol sondes.

Mariaan sê Felicity moet ’n aborsie kry, maar haar hare lyk soos daai vrou van Touched by an Angel – outyds en stokstyf. Sy kry seker erge hoofpyn van al die k*k wat sy praat.

Xander wil terug trek na sy eie plek met sy eie goed. Hy vergeet hy huur ’n piepklein flat in ’n taamlik k*k gebou.

Hoekom wil jy daarheen teruggaan, Xander? Wil jy nie maar eerder ’n sukses wees nie?

Ek wil graag trots wees op jou, maar jy maak dit moeilik. Hoekom trek jy jouself aan? Jy’s nie eens in staat om jou tie by jou suit te maak pas nie, maar jy wil in ’n hof werk.

Uncle Dennis, die oom wat die victims van die jaar – Charmaine en Vivian – as kinders verkrag het, sit nou in ’n rolstoel met ’n suurstoftenkie. As Charmaine hom voorkeer en uitskel, sal die man ’n stroke, hartaanval of asma-oomblik beleef en sekerlik sterf.

Nou skryf Charmaine maar ’n brief, maar haar handskrif lyk gruwelik. Die amper dooie oom sal dit nie verby die eerste paragraaf maak nie.

Petro het Willem terug gevat. Sy wil die man nog ’n kans gee. Sy’t baie vertroue in hom, maar as sy kans sien om stiefmammie te speel vir die kleurgrens-kleuter met die kousvleg-toekoms, dan moet sy maar nader staan.

Ek het tog nie meer woorde vir die mense in die Laan nie. Vanessa het al die hele week dieselfde rok aan met die oop skouers sodat sy besorgd, maar steeds sexy kan lyk. Pulane het die Engelse wit vrou, wat klere steel en dit in haar honger kind se rugsak wegsteek, in die boetiek voorgekeer en die gesteelde rok voor ál die ander klante uitgehaal.

Voor 1994 sou jy ’n moerse klap gekry het, Pulane. Jy’t die blanke vrou embarrass voor ander wit mense. Demokrasie het jou darem windgat gemaak.

Dan is die rok nog so vreeslik lelik. Jy kon dit eintlik los, want daai vrou het jou eintlik ’n guns bewys. Jy’s ondankbaar.

Maria soek R5 miljoen by Willem oor sy oor vullis geval het wat sy moes optel. Maria is skelm, oneerlik, lui en uitgevreet vir ander mense se geld. In 2016 gebruik sy steeds Placenta gel en sy bou al 20 jaar aan een huis. Jou lewe kom nie reg nie, want jy volg nie die instruksies in die Bybel nie . . .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters