4 maande gelede
Mariaan se slymkonyn raak sommer nat van die kwyl
 ~ 

MAANDAG hoor ons Connie se hele hartseerverhaal.

Dis sad dat ’n internasionale model nou koffie en wortelkoek moet aandra.

Dit is seker wat gebeur as jy jouself so wil uitgee. Vandag het sy niks op haar naam nie. Foei tog!

Mariaan vererg haar gruwelik oor Frank haar ’n koei noem.

Ek verstaan nie wat die issue is nie. Die meeste mense hou van koeie, maar toe besef ek dis eintlik net af-show sodat sy met Frank kan baklei. Sy soek lankal daai man se wortel in haar blomtuin.

So mal soos ek oor Amorey is, wil dit nou voorkom of die pragtige kind eintlik Frank en Mariaan se los broeiseltjie is.

Sy’s wragtag my favourite en ek voel terrible vir Chris. Hy’s so ’n goeie man en pa vir sy familie.

Nie en van hulle verdien hom nie. Gee daai man ’n brandewyn!

Vanessa krap sommer in ’n pakkie wat Matrone vir Diederik by die kantoor los. Ek gee nie om of jy die baas is nie Vanessa, maar dis nie jou donnerse pakkie nie. Jy het k*k maniere.

Willem voel Felicity moet die boetiek se rent betaal al is sy nie in die winkel nie. Ek kan verstaan dat haar omstandighede nie wonderlik is nie, maar hoekom vir Willem die monster maak?

Sy’t mos besluit sy los alles en trek Wes-Kaap toe. Dis mos nie Willem se skuld nie. Hoekom moet hy regstaan vir haar rent?

Nee, ek dink Willem is heeltemal reg. Sy het ’n kontrak geteken.

Pulane is ook ’n moerse flop, maar wat het sy verwag van haar? Sy het laas jaar eers begin lees.

Hoe los jy iemand met so ’n beperkte woordeskat in beheer van jou boetiek waarvoor jy jouself amper vrek gewerk het? Jy het ’n stupid besluit geneem. Aggie sou die ideale manager gewees het. Jy neuk met ABC, 123.

Terug by die skande van Mariaan en Frank. Chris surprise Mariaan met ’n tweede wittebrood Hawaii toe en sê sy verdien net die beste.

Chris, jy is eerder die een wat ’n paar bloedtoetse verskuldig is.

Dié ding met Frank en Mariaan gaan die arme man verpletter. Agterna gaan hy uitvind Amorey is ’n buitebrief. Ek kan aan niks meer horrible dink nie.

Chris het ’n probleem met sy humeur. Daai gawe man gaan jul dood beteken. Hy lyk asof hy sy moer gruwelik kan strip.

Mariaan is so spuls, haar hand bewe glad toe sy wyn try skink. Ek is seker haar slymkonyn was nat van die kwyl. Sy en Frank vry gereeld in die Welman-mansion, maar ek maak my oë toe, want niemand verdien om daai prentjie te sien nie. Dit maak dat ek my Bybel wil oopslaan en antwoorde soek vir hierdie mense se lewens.

Wat my bang maak, is dat daar moontlik nie antwoorde in enige boek sal wees nie. In dié stadium is hul beste bet die Huisgenoot.

Diederik is nou ’n drag queen, maar met ’n naam soos Henrietta voorspel ek niks geluk vir hom tussen die moffies nie. Jy sal g’n kroon of sash wen nie, meisie. Ek voorspel net problems vir jou.

  • Join die Facebook-blad “7de Laan Maak My Skaam” en gesels elke dag saam met 58 000 fans.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters