8 maande gelede
Karmen is sommer binne ’n kits groter én donkerder
 ~ 

KOM ons begin maar by Pulane, wat nou rokke steel by haar werk­gewer, Felicity – die bruin vrou met die winkel-hare en die wit man se kind.

Ek weet nie wat erger is nie: Die feit dat Pulane rokke steel of die feit dat Felicity haar stiefseun se voorkind verwag.

Ek voel stukkend. As dit ’n girl is, kan julle name meng en haar iets noem soos Willicity.

Dit sal die kind se lewe lekker interessant maak en dis altyd nice as jou eie naam sommer ’n icebreaker is.

Nou is Felicity kwaad vir die hele wêreld omdat almal een vir een uitvind dat sy sleg was met haar padda.

As jy jou beentjies mooi teen mekaar gehou het, dan het niemand mos nou vandag niks geweet nie. Wie se skuld is jou sluwe, sletterige gedrag?

Jy vertel vir die mense Char­maine was soos ’n ma vir jou, maar jy het jou padda ook met haar twee keer oorlede man, Neville, en albei sy seuns gedeel? Werk jy dan vir Gift of the Givers? Jy’s vreeslik vrygewig met jou padda.

Mariaan is dalk ’n vullis en ’n slang van ’n mens, maar at least is sy eerlik. Sy’t reguit vir Alexa gesê hoe bekommerd sy was oor wat die mense sou dink en sê. Sy was meer ge-worry oor die mense as haar kind se geestelike welstand.

Sy’s amper soos een wat te veel Herbex gedrink het. Lekke’ mal en heeltemal tingtingerig. As haar hare net kleiner was, sou haar kop dalk kleiner lyk en haar lyf groter, maar tans lyk sy vir my soos ’n blonde stopteken.

Hierdie nuwe, donkerder en effe korter Karmen is nogal heel handig. Sy het die stomme Charmaine sommer weer aan die praat gekry.

Het hierdie mense eerlik gedink ons gaan nie agterkom dat hulle die kind met ’n ander kind vervang het nie?

Hulle kon at least die kind soos die vorige een probeer maak lyk het. Die nuwe dametjie het ook ’n bietjie meer van ’n persoonlikheid as die vorige dogtertjie. Punt bly staan – Charmaine praat nou weer. #Prys!

Bonita is deesdae so behulpsaam, foei tog. Behalwe die blommewinkel waar sy destyds die dwelms gestoor het, doen sy sommer nou die deli se boeke en die boekwinkel se admin.

Sy kon anderdag nie haar eie hare blow nie, maar nou hou sy basies die Laan se deure oop. Wat ’n inspirasie is sy nie!

Sien julle, daar is lig aan die einde van ’n tonnel vol dwelms, gangsterism en misdaad.

Petro slyp haar klein tandjies vir ’n ander vrou se baby daddy. Weet hierdie blanke meisiepop dat haar lewe nou in gevaar is? Sukkel jy met ’n bruin vrou se baby daddy, dan sukkel jy mos maar eintlik met jou eie quality of life!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters