7 maande gelede
In Zelda se panty is iets met ogies en pienk eye shadow
Foto: Youmagazine  ~ 

JULLE, Marko het breinkanker . . .

Ek het vergeefs gehoop iemand skiet iemand anders, maar dit was toe alles in sy kop. Emma, Dawid, die ontsnapping, dit was alles deel van ’n siek kortverhaal in Marko se kop.

Dis oor hy al so lank op die hand is. Die man is heeltemal buitens hoop mal van die kanker. Foei tog!

Die nuwe Kersboom is ongelooflik lelik. Dit lyk na ’n soort straf. Iets heeltemal anders as Kersfees. Die boom lyk niks soos geluk of liefde of wêreldvrede of Jesus nie.

Hierdie boom lyk soos seerkry en ellende. Hierdie boom lyk soos almal se skuldgevoelens oor apartheid.

Madiba is nie dood sodat ons sulke lelike Kersbome kon opsit nie. Ek en die res van Suid-Afrika is ontevrede oor hierdie lelike boom.

Dis onverantwoordelik van Mariaan om te verwag dat Chris haar moet terugvat.

Chris is nou ’n gebroke man. Gelukkig is Zelda nie gebroke nie.

Mariaan se suster is 100 keer slegter as Mariaan. Zelda is uit die put van die hel self. Sy het nie ’n padda nie.

Ek vermoed eerder iets vreeslik soos ’n krokodil of ’n soort siekte met ogies en pienk eye shadow.

Ek kry sommer so ’n rilling en voel vuil as ek daaraan dink.

Vanessa het nou weer ’n nuwe haarstyl. Ek weet nie of julle daai Predator movies kan onthou nie, maar laat ek liewer my bek hou . . .

Petro se kuif bring sommer erge herinneringe aan Kim.

Ek het só gehoop ek sien haar kuif nooit weer nie, maar hier loop Petro nou met die ding rond.

Ek was nooit bedoel om hierdie soort lyding te ken nie.

Gepraat van lyding – Zelda is besig met die duiwel se werke.

Sy is nou wragtig agter Chris aan sodat sy in ’n double storey-huis met skilderye kan bly.

Sy maak video’s van Mariaan en Frank nadat sy vir Mariaan slaappille ingegee het. Dis vreeslik waartoe mense in staat is vir double storey-huise.

Marko dink sy breinkanker is as gevolg van sy lewe wat hy so verkeerd lewe en die breindokter het Dinsdag oop.

Marko moenie nog worry nie. Jy’t dalk ’n gewas op jou brein, maar jy’t darem nie Kim se kuif gekry nie. Kan jy imagine hoe Petro voel?

Die function is toe ’n moerse sukses, maar die mense kan Va­nessa eers teen die einde van Desember betaal.

Terwyl ons Krismis hou, gaan Vince en Bonita nie geld hê vir koopkrag, airtime of data nie. Shame, Kersfees is maar anders vir almal.

  • Join gerus die 7de Laan Maak My Skaam-groep op Facebook.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters