3 maande gelede
Frank is dalk ’n goeie bouer, maar hy’s g’n goed gebou
Foto: You  ~ 

WOENSDAG gee dr. Alexa vir Worcester sy groot kans.

Ja, julle, Justin het nou ’n wit goose. Daar wen hy. Wie weet, dalk koop hy ’n pakkie Minora blades om daai onkruid van sy wange af te skeer.

Mariaan is bitter ongelukkig oor Amorey wat tips by Oppiekoffie verdien. Dié antie is sommer ordentlik die moer in. Sy shop in Sandton terwyl haar kind wortelkoek aan bruin mense bedien.

Wat sal die bure sê? Toe gil sy op arme Chris. Die man weet nie meer of hy kom of gaan nie.

Ek verstaan nou heeltemal hoekom hy drink, sjym.

Toe loop pak sy af by Hilda van alle mense, maar net vir die eyeblind, want eintlik wil sy weer vir Beer in die stilte ontmoet.

Sleg bly maar sleg en dié vrou verdien nie geluk nie, want hoe jol jy met ’n gruwelike slak soos Frank as jy ’n man soos Chris het?

Oubaas lieg oop oë vir Vanessa soos net ’n goeie kerkmens kan.

Justin en Alexa is op ’n date toe hy haar sommer so in die openbaar voor al die mense soen. Hulle kan meer sensitief wees.

Justin vermy skielik vir Alexa soos die runderpes van ouds. Hy kry mos nou flashbacks van sy oorle verloofde wat op ’n haar soos Alexa lyk. ’n Bietjie siek, ja, maar liefde oor die kleurgrens ken mos geen perke nie.

Mariaan en Frank se verbode liefde loop op ’n k*k ding af, want Frank slaap oor nadat Chris daarop aandring.

Sy weet die grillerige man soek haar padda tussen die dam se riete, maar sy loop in die middel van die nag met uitge-blow-de hare in die huis rond. Die blanke mense in daai huis lewe nie reg nie.

Toe gryp Frank haar in die donker en sy ruk haarself ongewillig uit sy arms. Liefde is sonder twyfel blind, want Frank se T-hemp is skreeulelik.

Ek kan dit selfs in die donker nie vergeef nie. Die kanse dat so ’n lelike T-hemp nou op so ’n aanstootlike man se pad moet kom, gaan my verstand te bowe. Soos voëls van eenderse vere verdien hy en daai T-hemp mekaar.

Vrydag het Frank en Chris dieselfde gholf-keps en T-hemde aan.

Frank is dalk ’n goeie bouer, maar lekker is hy nou eerlik nie gebou nie. Ek moes wegkyk, maar die seer wat ek gevoel het, lê nog vlak.

En toe verwar Mariaan die twee van agter met mekaar en soen Frank per ongeluk op die wang. Ai, die skok op haar gesig was die heel beste!

Die naam van die klong by die Deli met die hare wat lyk soos daai sponsie waarmee ek my skottelgoed was, is Kopano!

Dat die woord “kop” nou in sy naam moet wees, het my vloer toe geslaan. Ek was stukkend van binne. Dié mense is onsensitief.

Diep binne in Rickus se hart weet hy Frank is eintlik sy pappa.

Mariaan lyk diep skuldig toe Rickus net Frank se naam noem. Die duiwel is ledig in daai ghrênd huis. Dié vrou se geraamtes uit haar verlede het ’n walk-in closet nodig. Die geraamtes voel teen dié tyd al benoud en ontevrede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters