3 maande gelede
Felicity wurg daai gemengde kind met haar hoë broeke
 ~ 

NOUDAT ons weet Feli­city verwag steeds die gemengde kindjie met die vaal blonde hare, is my geloof in die mensdom weer herstel.

Daar is ’n groot moontlikheid dat die kleinding Downton Abbey se temaliedjie gaan sing, maar dis nie die ergste nie.

Hulle is tog die mees liefdevolle kinders – soos geskenke van bo. So, ons moet vir hulle ook net so dankbaar wees.

Wat my kwel, is die feit dat Felicity steeds hierdie hoë broeke dra.

Mag ’n mens ’n kind verwag en sulke hoë broeke dra?

Raak die kind nie benoud nie? Raak die kind nie angstig nie?

Dink die kind dalk hy is in ’n tent? Dink hy dalk hy is nou deel van ’n sirkus?

Ek het baie vrae rondom hierdie hoë broekie. Dit pla my op ’n emosionele vlak.

Felicity is Kaap toe om daar die lewe te loop skenk aan klein Herman, wat tegnies klein Willem is.

Hierdie kind word weer groot met ’n k*k kompleks van so met sy oupa en sy pa se naam rondloop, terwyl hy eintlik sy stiefbroer se kind is.

Nou nog die sindroom ook, foei tog.

Die lewe gaan ’n bietjie van ’n challenge wees, sjym.

Dis net ’n kwessie van tyd voordat Willem hoor van daai kind, dan gaan daardie man Felicity nooit vergewe nie. Nie wéér nie.

Sy push nou regtig haar luck met die weghol-besigheid.

Vrydag vertel Diederik vir daai Welman-meisiekind, wat nog skool moet klaar maak, ’n gruwelike leuen.

Sy sing vir “Hope Johanna” in die Deli – wat eintlik meer ’n song is wat ’n mens voor Shoprite sing as jy gesuip is, en net daar en dan word sy die nuwe lead­-sanger van Marko en Diederik se band wat nie regtig bestaan nie.

Justin reël ’n naweekkamp vir arm kinders en almal is vreeslik opgewonde.

’n Mens sou sweer die mense kom nooit uit nie.

Sifiso en Pulane gaan kliniek toe en kry sommer HIV- en ander bloedtoetse.

Net môre vind ons uit dat Pulane se bloed ook nie kan lees nie, maar dinge lyk ernstig tussen die twee duifies.

Soveel so dat Sifiso meer sweet as gewoonlik en skielik is daar ’n sterk moontlikheid dat hierdie mense van 7de Laan binnekort gaan leer om kondome te gebruik.

Dit sal ’n deurbraak-oomblik wees vir die regering se nuwe flavoured condoms, wat tans beskikbaar is in strawberry, banana en grape flavours.

Join asseblief die blad “7de Laan Maak my Skaam” op ­Facebook. Ons skinder weer volgende week lekker saam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters