4 maande gelede
Enigeen wat met Mariaan trou, moet ’n skroef los hê
 ~ 

DIT was ’n week vol ou spoke vir Charmaine en oom Dennis, wat toe nou hul foute aan mekaar erken het.

Ons is dus nou almal bly dat dit verby is.

Iets anders wat nogal hartseer en gelukkig ook verby is, is Felicity en Willem se ou hoerkindjie wat weens ’n miskraam oorlede is.

Ek moet sê: Ek het nogal uitgesien na die blonde, vaalkop broeiseltjie met die plat neusie.

Nes Felicity en Willem is ek vandag in stukkies, want ek het só baie grappies begin regkry vir die ou kindjie se geboorte.

Dit is nogal baie hartseer om enigeen deur ’n miskraam te sien gaan – selfs al hou jy nie eens van die mense nie.

Kinders bring tog maar net vreugde en ek was eintlik só excited.

Daai Mariaan-gemors verwys toe mos na die kindjie se gemengde bloedskande-situasie as ’n stigma!

Ek wou haar amper ’n moerse klap deur my TV gee, maar Chris het haar darem namens my lekker in die bek geruk.

Sommige dae ­likes ek nogal van Chris, maar ander dae weet ek weer nie so mooi nie . . .

Enigeen wat met iemand soos Mariaan kan trou en wat daardie soort gif kan liefhê, moet moerse emosionele tekortkominge hê wat soos gout aan hul enkels vasklou.

Maar kom ons keer terug na Charmaine en oom Dennis.

Sy wat Charmaine is, verbeel haar toe mos sy is self Vivian en wil toe mos die kraantjie van die vieslike ou man se suurstoftenkie toedraai sodat hy ses voet onder die grond kan loop lê waar hy hoort, maar haar vervelige gewete is saam Beaufort-Wes toe.

Sy los toe alles toe sy sien hoe k*k die vuil oom se lewe nou eintlik is.

En daar wens sy hom eerder ’n lang, sieklike lewe toe sodat hy maar kan suffer tot in lengte van dae.

Charmaine is nogal lekker evil as mens haar ’n kans gee.

Petro het die storie met die miskraam nooit sien kom nie.

Reg genoeg, Willem was erg irritating met die baba-brochures en die prams en die babaklasse en goed, maar toe loop doen sy vir Felicity in oor Felicity glo te veel van Willem se tyd in beslag neem.

Ek is seker Petro het Felicity nie so erg ontstel nie, maar Willem glo vas dat hierdie blonde ambisie-bimbo die miskraam veroorsaak het. Hy vertel so vreeslik baie k*k oor Petro dat die see haar nie kan skoon was nie.

Ek aanvaar hul verhouding is nou daarmee heen, so kom ons kyk verder en skinner weer lekker volgende week.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters