Verlede jaar
Dis net hartseer op hartseer wat arme Charmaine tref
 ~ 

FELICITY is onbeskof met almal en sy gebruik die swangerskap net as verskoning.

Siesa! Die arme kindjie met die vaal kop word nou al ge-blame vir mammie se onnodigheid.

Sy kan gerus daai lelike wye broek weggee, maar net nie vir Mariaan nie. Daai arme vrou sal dink dis ’n dubbele laken.

Petro smaak vir baby daddy stukkend! Klim glad in die man se ongebore kind se baby pool.

Sy het ook nie respek vir die voorkinders van stiefouers en stiefkinders nie.

Wat my meer gepla het, was die wit mense in die klein pool in die middel van winter. Hulle gee nou nie om vir hul gesondheid nie. Net môre sit hulle met dubbele longontsteking en ’n stywe nek.

Ek wens so Felicity wil die man sê hy moet kimbies koop en nie rooi ciders vir Petro nie!

Antie Charmaine! My hart breek vir haar elke keer as sy so moet praat oor haar tragedie. Sy’t haar verhaal in drie dele vertel soos ’n mini series en dit was ’n kort storie.

Maar het julle nou al iemand teëgekom met soveel hartseer­stories? Nes jy dink die vrou se stories van ellende kom tot ’n punt, dan tref nóg ’n tragedie haar of haar donker ver­lede kom loer in vir ’n koppie tee.

Sy was seker ’n vreeslike slim kind, want ek kan boggerôl onthou van toe ek drie jaar oud was nie.

Dié Charmaine onthou egter haar eie verkragting, haar ma se werksomstandighede, die vuil oom se naam en die lekkers in daai oom se kantoor.

Ek kan net ons mat en ceiling onthou, want ek het gekruip, gevreet, geslaap of gek*k.

Die stomme Vanessa Forrester wil net moor. Sê vir Bonnie sodat sy die balaklava-man kan laat doodmaak. Sy maak mos gereeld manne dood. Vra maar die stomme Bobbie.

Pulane is toe nie die skelm nie. Ek’s jammer ek het jou verdink, dingetjie, maar jy was die enigste finalis.

Kim makeer ’n ordentlike pak slae. Ek gaan nie meer met haar nie. Ek sê julle dis daai kuif. Knip jou kuif, Kimberly!

Alexa en daddy het vrede gemaak. Dankie, Justin, ek kon nie meer daai vrou met die klein nek en groot hare se ge-nag vat nie.

Hoe die nooddienste vir Maria uit die arkade gekry het, weet ek nie. Daai vrou het nou wonderbaarlik neergemoer soos ’n moerse boom in die Tokai Forest. Die Laan is vol stres en ellende en niemand is gelukkig met hul bestaan nie. Net Kosie – en ons weet nie eens aan watter kerk hy behoort nie.

Kom ons bid vir vrede en beter tye in die harte en lewens van Joburg se mense en kom ons wees dankbaar vir Kaapstad en die Baai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters