6 maande gelede
Daai nuwe oom gaan Netta se padda streel én geld steel
 ~ 

MARIAAN gaan sonder enige twyfel nie hemel toe nie. Die ewige lewe is haar nie beskore nie.

Haar gedrag staan my nie aan nie en wat die seerste maak, is dat sy loop eg breek het vir ’n grillerige man soos Frank. Die man se klere het nie eens gepas nie en nes ’n openbare toilet was hy niks lekker gebou nie.

Maar nou het Mariaan mos ’n heel nuwe stel kaarte game toe gebring. Sy’t mos laas week vir Chris uit die pad van ’n vallende, cheap, ceiling fan geduik.

Die lelike ding het op haar kop geval en daar kan Mariaan nou skielik niks onthou nie. Nie die terugtrek Hillside toe of haar drama met haar twee stadiger kinders of selfs hoe haar bene oop gevlieg het vir oom Frank se lat nie.

Dis alles eenvoudig te eenvoudig en hopeloos te gemaklik.

Sy vergeet dan nou net die dinge wat haar sleg gemaak het, maar Mariaan, jy sal moet ligloop. Jy het ’n vreeslike groot gat gegrou met hierdie spul liegstories wat jy nou as die waarheid probeer verkoop.

Jy moet nou letterlik twee keer oor alles dink voordat jy jou bek oopmaak. Jy durf nie ’n fout maak nie en hierdie is die soort liegstorie waarvoor jy die res van jou lewe in character moet bly.

Amorey glo jou al klaar nie, so jy sal moet leer jou bek meer gereeld toe hou. Jy kry volpunte vir ambisie, maar ek twyfel of jy gaan wegkom met hierdie versigtige lieg­besigheid wat jy nou begin het.

Dan moet ons gesels oor hierdie nuwe Stefanus-oom wat so warm op Netta se outydse padda se spoor is. Noudat oumense weer kan oulik maak, is die wêreld meer vol sonde. Hierdie man soek jou geld, Netta. Hy maak of hy jou slymkonyn wil streel, maar ek is darem nie so seker nie. Dis net té goed om waar te wees.

Jul geld het los gekom en skielik is hierdie oud-bankbestuurder beskikbaar en gewillig om vir julle te help belê. Die lewe werk nie regtig so nie. Daai oom gaan julle rot en kaal besteel. Hoor my lied.

Daar gebeur die ondenkbare mos. Die Deli het sy deure gesluit. Vince is uiteindelik bankrot.

Kyk, dit was net ’n kwessie van tyd, want die skill om twee platters met polony en kaas te maak, en die kennis om ’n besigheid te bestuur en te besit, is twee heel verskillende dinge.

Vince se gesig het net opgehelder as ’n mens die woord platter naby hom gebruik het. Niks anders kon hom gelukkig maak nie. Nie eens Bonita met ’n pot ultra strength Dark & Lovely relaxer nie.

Hy vertel nog vir Bonita hoe hy vir Chris Welman kan handle, toe sy vra of hy die Deli se rent betaal het. Maar daar maak hy toe weer ’n fout. Chris kom vertel hom toe so mooi k*k voor Charmaine oor die rent dat hy net daar kon staan met ’n bek vol tande.

Gaan hoor vir werk by Spar, Vince. Hul platters is eintlik heel nice. Daar kan jy elke onaangename dag van die res van jou lewe net platters maak. Jy verdien geluk, want sukses is jou nie beskore nie.

  • Join die “7delaan Maak My Skaam”-blad op Facebook vir meer gereelde updates.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters