Verlede jaar
Daai eenvoudige Petro is niks beter as ’n gold digger
 ~ 

ONS sal eenvoudig hier moet intree waar Hilda nou ­ledig is met haar hande saam.

Ons kan ’n ondersteuningsgroep stig. Hulle kan voorkinders op pas, praatjies lewer by hul naaste biblioteek, of hulle kan tuin maak en al hul groente en vrugte uitdeel aan die bedelaars by die verkeersligte naby Zevenwacht Mall.

Hilda besef nie die skade wat sy haar huwelik berokken nie. Oubaas gaan jou nog los en met Matrone weghol as jy só aangaan.

Eindelik vind ons uit Chris het ’n moerse drankprobleem. Hy is ook die een wat sy eie dogter Alexa met ’n kar omgery het. Dit was dalk ’n ongeluk, maar Alexa sal weens die ongeluk nooit kinders kan hê nie.

Dit beteken my droom van plat neus, wit kindertjies met vaal haartjies vir haar en Justin sal nooit waar word nie.

Chris kan mos saam met Charmaine loop praat oor sy probleem. Charmaine het vir Neville, Errol en haar lus vir die lewe verloor omdat sy eerder wou suip. Nou loop sy elke dag Deli toe om vir Vince jammer te kry.

Sy bied vir haar halwe stiefseun geld aan sodat hy by haar kaas en kouevleis kan koop vir dieselfde twee platters wat hy al die afgelope 13 jaar, elke week vir dieselfde twee besighede maak.

Is die mense nie al moeg van jou nie, Vince? Vat jou gangster-vrou dan loop visit julle jou halfbroer se mense in Worcester duskant Boland Kollege, waar ek seker is Justin sy NCV Level 2-4 in iets eenvoudigs soos toerisme gedoen het. Ek weet nie hoekom hy dink daai blanke Welmans gaan hom sommer net so aanvaar nie. Ek aanvaar jou nie eens nie, dingetjie.

Daai eenvoudige Petro is niks beter as ’n gold digger nie. Sy het dié week ’n gruwelike peach rok gekry. Al wat ek weet, is dat sy met Willem se gevoelens speel terwyl sy gelyktydig met Rikus se balle speel en ek praat nie van sy tennisballe nie.

Donderdag het Chris homself weer flou gedrink aan die whiskey en Mariaan het probeer intree, maar sy weet ook seker daai man kan haar groot kop van haar klein lyfie nerfaf klap met een hou. Die vrou lyk soos ’n stokkielekker, foei tog.

Mariaan soek skoor met Vanessa Forrester op elke hoek en draai.

Vanessa is deesdae so posh, sy vloek nie eens meer nie. Sy vertel vir Mariaan dat sy Bruynwaves besit en dat reg van toegang voorbehou is.

Sien julle nou hoe posh raak bruin mense as jy vir hulle ’n CNA-dagboek en ’n laptop gee?

As ek Vanessa was, sou ek Mariaan van die boonste trappie by die voordeur afstoot en vir die polisie sê haar kop was te swaar vir haar lyf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters