8 maande gelede
Chris vang toe sy outydse Barbie-slet met vuil Frank
 ~ 7de Laan

JULLE, ek wil nie uit my beurt uit praat nie, maar Frank weet baie duidelik nog hoe om ’n padda te maak kwaak as hy Vir Mariaan kon bewerk dat die vrou so heel skuins loop.

Ek wou haar half jammer kry toe sy so skoffel-skoffel skeef loop van lekker kry, maar toe onthou ek sy’t mos ’n man en ’n klomp kids.

Al ding wat my meer gepla het as Mariaan se sleggeit, is Vanessa se groen nail polish.

Hoekom lewe sy so verkeerd?

Woolworths het baie duidelik weer te veel stock van hul lelike wedges. Daar is niks hoër of gevaarliker as ’n wedge van Woollies nie.

Henrietta is ongelooflik lelik, sjym. Ek wil haar amper ’n drukkie en ’n pakkie Panado’s gee vir die pynlike lewe wat vir haar voorlê.

Donderdag klop my hart weer pure kassies toe Frank sy bouplanne by die Welmans vergeet en terug moes draai net om Mariaan weer met uitge-blow-de hare in die sitkamer te kry.

Hulle vry heel eroties en is erg ongemaklik toe Chris van bo uit die kamer vir Mariaan gil om vir hom water te bring.

Mariaan verstik amper aan Frank se grillerige tong wat daai tyd nog in haar keel was en die trane loop terwyl sy vir Frank wegstoot en Chris antwoord.

Amanda – dis nou Alexa se body double en Justin se verloofde – is wawyd wakker soos daardie Expresso presenters 05:00 in die oggend. Hier kom groot k*k, mense.

Eindelik vang Chris toe mos sy slettasie van ’n outydse Barbievrou met sy geliefde Frank. Daai man was so rooi jy kon ’n volstruis eier op sy voorkop bak.

Ek hoop hy gooi Mariaan met hairdryer en ál by die mansion uit. Mag Madel se spook vir ewig en altyd by Mariaan spook. Geluk is hierdie vrou nie beskore nie. Daar is bosluise op brandsiek honde met meer selfrespek as Mariaan.

Haar man en kinders moet haar nooit vergewe nie, veral nie Amorey nie, want dit lyk nou of hierdie arme meisiekind buite die huwelik aanmekaar geslaan is.

Daar is ’n spesiale plek in die hel vir mense soos Mariaan. Om jou hele familie so vir ’n gat te vat, is iewers in die Ou Testament opgeskryf as ’n vieslike sonde.

Justin sal sy storie moet ken en vlug. Wil jy by Alexa betrokke raak, boeta? In daai gebroke familie? Bly uit daai mense se pad.

’n Ander man se vrou sal jou nooit gelukkig maak nie, Frank. Jy’s nou wel nie my favourite nie.

Ek mean maar jy lyk gruwelik en jy lol met getroude vrouens, maar in jou defence het jy at least die eerlike ding gedoen en jou vrou geskei en gewag totdat jou kinders uit die huis is voordat jy jou k*k aangevang het.

Wat jy gedoen het, is ook nie reg nie. Moenie dink ek praat jou onvergeeflike aksies goed nie, maar jy het dinge beter hanteer as daai slap slet met die stywe Dallas-hare.

Die Ewings kan kom lesse vat by jou oor hoe om ’n totale vullis te wees!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters