2 maande gelede
Bruines loop kwaad oor Tupperware- en Avon-skuld
 ~ 

WAS dié week nou nie ’n gebedsaak nie! Marko is so mal soos ’n haas wat glue snuif en Mariaan is op tik! Die Meintjies-gesin se groot gesukkel met hul geldelike probleme is at least realisties.

Dis ’n wonderlike voorbeeld van hoekom bruin mense nie geld en familie moet meng nie. Bruin mense sal mekaar enigiets vergewe, maar geld is geld en ons vergeet nie sommer van ’n ­loan nie.

Familie en geldlenings is verantwoordelik vir derduisende bruin kinders wat nie hul familie ken nie. Broers en susters praat nie met mekaar nie oor ou Tupperware- en Avon-skuld.

Dan praat ek nie eens van daai Honey Jewellery, Watkins en AMC-potte se anties nie. Hulle rol in die geld terwyl jy nie eens weet jy het niggies en nefies nie, want jou ma praat nie met haar eie suster nie. Dis eintlik hartseer, maar ek kan my lag nie hou nie.

Ek rig ’n versoek aan julle. Dis Kersfees, mense. Moenie vir mekaar geld leen nie. Moenie daai uitgat Gift of The Givers-outjie wees met jou bonus nie.

Dis net ’n ekstra maand se geld. Jy voel net ryk, maar glo my, dis nie waar nie. Jy’s net vol verbeelding en jy wil af­show. Sit weg jou geld.

Marko is kwaad vir almal en alles wat asem haal. Daai doktor het sy mooi maniere per ongeluk ook uit gesny.

In die Welmans se mansion gaan dit niks lekker nie.

Chris kan Mariaan amper doodmaak terwyl Zelda vir Chris probeer afvry by haar tikverslaafde suster. Die dwelms is deesdae los in die Laan en dit doen net kwaad.

Mariaan is so hoog soos ’n goedkoop Mango-vlug van al die pille wat haar eie suster vir haar ingee. Sy kou die pille wat Zelda haar gee soos Jelly Babies, maar toe gee daai bitter eenvoudige boyfriend van Zelda nog vir Ma­riaan die verkeerde dwelms ook.

Mariaan is toe soos ’n straatvrou in haar nighty na Chris toe waar sy letterlik die man op haar knieë gesmeek het om haar terug te vat. Sy was ongelukkig so van haar kop af dat Chris gedink het die vrou is met geeste gepla. Dit was nou regtig nie ’n mooi prentjie nie. Geld en dwelms is niemand se tjommie nie.

Willem smaak vir Connie, maar Connie is asvaal van Richy Rich. Print vir haar ’n bankstaat, Willem. Sy sal dink dis ’n love letter. Willem is nogal heavy into ouer vroue.

Connie kon jou ma wees, maar ons almal weet mos jy ken van mammies. Jy kan mos lekker vir Zelda try, Willem. Sy’s so gewillig soos tien en jy soek mos daai effens ouer flavour en iets wat ’n mens ’n klein bietjie langer moet kou voordat jy kan sluk.

ZelDa is dalk so kommin soos ’n bosluis, maar sy lyk of sy jou lekker kan diens en sy sal sommer self bestuur ook. Daai sleg antie se padda is fiks en hopperig en heeltemal in beheer van alles.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters