Verlede maand
Vuurwerk: Verkopers kry boete
groot geraas: Talle handelaars is beboet oor onwettige klappers. Foto: theo jephta  ~ 

ALTESAME 30 handelaars wat onwettig vuurwerk in Knysna se munisipale gebied verkoop het, is stewige boetes opgelê.

Die stadsraad van Knysna het reeds in 2004 ’n besluit aanvaar wat die afvuur van vuurwerk in die groter Knysna-gebied verbied.

Ondanks talle beroepe oor die jare heen om mense hieraan te herinner, het jolytmakers hulle baie min daaraan gesteur ten tyde van die onlangse Nuwejaars­vieringe.

Dit het volgens die munisipaliteit tot grootskaalse wetteloosheid op baie strande en in woonbuurte gelei.

Johnny Douglas, waarnemende munisipale bestuur­der van Knysna, sê in ’n verklaring die blatante verontag­saming van wetgewing is skokkend.

“Wetstoepassings­beamptes het boetes uitgereik aan 30 winkels en handelaars en ook kort voor die Nuwejaarsvieringe op hul ware beslag gelê.

“Desondanks het mense steeds wetgewing geïgnoreer wat bepaal dat geen vuurwerk op enige plek in die groter Knysna afgevuur mag word nie.” – Netwerk24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters