Verlede maand
Vrou bid in ‘spoed-kar’
oorleef: Denoline en Denequin van Wyngaard het lewend uit die ongeluk gekom. Foto: KEITH MEYER  ~ 
afgeskryf: Die wit Mercedes ná die ongeluk. FOTO VERSKAF
oorleef: Denoline en Denequin van Wyngaard het lewend uit die ongeluk gekom. Foto: KEITH MEYER

“TEEN 180 km/h het ek my oë toegemaak en begin bid.”

Só vertel Denoline van Wyngaardt (23), een van die oorlewendes van ’n Mercedes met nege insittendes, wat in ’n ongeluk met ’n bakkie betrokke was.

Die ongeluk het einde Desember tussen Calitzdorp en Oudtshoorn gebeur en die lewe van Keenan Prinsloo van Haarlem geëis.

Van Wyngaardt vertel: “Ons wou nie saamgaan nie. Maar die bestuurder het gesê ons gaan net koeldrank by die winkel in die dorp koop.

“Toe ry hy al vinniger. Van ons het gesoebat hy moet stadiger ry, maar hy het net vinniger gery.

My seuntjie, Denequin (2), was ook in die kar. Wat verder gebeur het, weet ek nie, want ek het eers my bewussyn in die hospitaal herwin.”

Nadia Booysen, nog ’n insittende, vertel: “Ons het eers langs die pad gaan sit en afgekoel met ’n bottel Black & White.

“Die driver is van die Kaap en hy het toe Oudtshoorn se kant toe gery.

“Die kar was so vol dat ons op mekaar se skote gesit het. Ek het by Minette Arnoldus gesit. Hy het toe ’n bakkie met ’n trailer probeer over­take terwyl ons gesoebat het hy moenie.

“Toe kom daar ’n ander trok van voor af en hy swaai terug in sy baan en tref die bakkie.

“Die volgende oomblik het die voertuie begin rol en ons het gestrooi in die veld gelê. Dit was net bloed en gebreekte bene.”

Van die ander insittendes, van wie sommige nog in die hospitaal is, is: Isolde Arnoldus, Minette Arnoldus, Sonette Baadjies, Henriette Barkhuizen en Mornè Winster.

Die polisie ondersoek klagte van dronkbestuur en strafbare manslag teen die bestuurder wat van Calitzdorp is, maar glo in Kaapstad woon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters