5 maande gelede
Vier sterf toe bakkie omslaan
tragiese voorval: Vier vroue is dood toe hul bakkie omgeslaan het. Foto verskaf  ~ 

VIER mense is dood toe ’n bakkie met ’n sleepwa op die N14 net buite Olifantshoek, naby Upington, omgeslaan het. ’n Verdere 20 is beseer.

Die oorledenes was vier vroue. Vyf kinders tussen die ouderdom van 1 maand en 11 jaar is in ’n kritieke toestand, terwyl 15 volwassenes verskeie beserings opgedoen het.

Volgens ER24 het die ongeluk Vrydag kort voor middernag gebeur.

Toe paramedici van ER24 en die plaaslike nooddienste op die toneel opdaag, het mense verspreid oor die pad gelê. Almal is uit die bakkie geslinger toe die bakkie en sleepwa omgeslaan het.

Die beseerdes is na die Upington Provinsiale Hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder van die bakkie is na Mediclinic Upington geneem. Hy het ernstige beserings opgedoen.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek dit nog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters