2 maande gelede
Vervalste goedere: Ou is vas
inloop: ’n Smous is in die sop oor sy fake goedere. Foto: MPUMI KIVA  ~ 

MOSSELBAAI. – Die polisie waarsku die publiek om versigtig te wees as hulle trouringe en ander juweliersware koop.

Fake ringe en blink dinge het die mark hier oorspoel.

Dié waarskuwing volg nadat ’n verdagte by die Mikeva ­Hyper-parkeerruimte in Louis Fourieweg ge-bust is met fake goue ringe, ­asook Samsung Galaxy- en Sony- selfone.

Die ou beweer die diamantringe is die ware Jakob en hy smous dit teen R500.

Volgens hom is dit nege karaat goud. Die verdagte is vasgetrek toe hy ’n fake Samsung Galaxy S8 Plus vir R4 000 try verkoop het terwyl die werklike prys vir so ’n foon R17 000 is.

Dink

AO Arleen Stokes, polisiewoordvoerder, sê: “Die vermeende verskaffer van die fake goedere is van Gauteng.

“Mense moet versigtig wees en nie dink hulle koop ’n bargain terwyl dit ’n vervalste ­produk is nie.”

Stokes vra lesers om die ­polisie by 044 606 2200 te bel as hulle op soortgelyke smouse van fake goedere afkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters