7 maande gelede
Twee se turf sit oor dagga
 ~ 

LEDE van die polisie se K9-eenheid het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat dagga met ’n sluikhandelwaarde van sowat R216 000 in hul besit gevind is.

AO. Louis Stone sê die 42-jarige vrou en 36-jarige man is Dinsdag tydens ’n roadblock op die R61 tussen Cradock en Tarkastad in hegtenis geneem.

Stone sê die polisie het die kar afgetrek en dit later deursoek omdat dit na dagga geruik het.

Beslag is gelê op drie sakke dagga wat altesaam 71,97 kg weeg. Hy sê die man is ook wanted vir ’n soortgelyke saak van verlede jaar.

Die twee verdagtes verskyn na verwagting vandag in die Cradock-landdroshof op ’n klag wat verband hou met handel in dagga.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters