6 maande gelede
Strande toe oor haaie toeneem
 ~ 

STRANDE in Knysna is sedert Dinsdag gesluit oor die toename van haaie in die betrokke gebied.

Die Knysna-munisipaliteit waarsku swemmers in ’n verklaring om nie die water binne te gaan nie oor haaie ge-spot is vanaf Brenton on Sea tot by Myoli-strand in Sedgefield.

Luidens die verklaring bly alle swem-areas gesluit tot nader kennisgewing.

Die haaie is naby die swemareas ge-spot en die owerhede hou die situasie dop.

Volgens die brandweer in Knysna sou ’n vergadering gistermiddag gehou word waarna die situasie geëvalueer sou word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters