2 maande gelede
So ontvlug jy die abuse
reik uit: Susanna Baardman moedig vroue aan om op te staan. Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – Opstaan en uitpraat ...

Dít is die boodskap wat ­Susanna Baardman (34), ’n dapper vrou wat uit haar omstandighede ontsnap het, met alle vroue wil deel.

Baardman sê sy het baie onder mishandeling gely.

Sy het haar hart op Vrouedag teenoor Son oopgemaak: “Dis Vrouemaand. Vroue moet opstaan vir hul kinders.

“Vroue moet die mannemoed hê om op te staan teen die onreg wat hulle aangedoen word. Of dit in die huis, kerk, werk of waar ook al is.

“Ek is seergemaak. Geen vrou mag ooit ’n vloerlap wees nie. Nie net goed vir kos kook, huis aan die kant maak en seks nie.

“Vroue is nie sonder foute nie, maar dit gee geen man die reg om aan ’n vrou te slaan nie.

“ ’n Opregte man sal liewer ’n draai stap as om aan ’n vrou te slaan. Moet nooit jou maat oordeel nie.

“Ek het nie aan die verwagtinge van my kinders voldoen nie.

“Die seer in my kinders se ogies het my woema gegee om vas te maak.”

Toe staan Baardman op en met hulp van die Hope-sentrum is sy verwys na ’n tehuis vir vroue in Rosemoor, George.

“Ek het myself ingeboek as ’n vrou wat wil uitbreek uit haar omstandighede.

“Vroue moet ophou skaam wees deur te dink aan wat die mense gaan sê. Dink aan jou familie.

“Daardie drie maande in ­George het my geestelik sterk en weerbaar gemaak. Ek is nou in staat om na myself om te sien.

“Tog versoek ek die gemeenskap om nie my of ander vroue te oordeel nie.

“Kom ons bid liewer vir mekaar in Vrouemaand,” het ­Baardman bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters