2 maande gelede
‘Sleep-ou’is borgtog geweier
Myron Krus FOTO VERSKAF  ~ 

DIE familie van Ashwin Saayman van Mamre wat Sondagnag ten aanskoue van sy girlfriend meer as 400 m langs ’n kar gesleep is, is bly oor die driver nie bail gekry het nie.

Myron Krus (26), wat homself twee dae ná die dodelike voorval aan die polisie oorgegee het, sal Krismis en Nuwejaarsdag in die mang wees.

Inwoners van Mamre en familielede van Saayman (26), die slagoffer, het in trane uitgebars toe die landdros die saak tot 3 Januarie uitgestel het.

Teleurgesteld

“Ons is verheug dat hy in die feestyd in die tjoekie gaan wees – net soos ons Kersfees sonder ’n geliefde moet spandeer.

“Nou kan sy familie ook voel hoe dit is om sonder ’n geliefde te wees,” het Augustine Saayman (60), ma van die slagoffer, gesê.

Vriende en familielede van die verdagte het die hof teleurgesteld verlaat omdat hulle gedink het hy sou bail kry.

Volgens ’n polisiebron kan nog verdagtes gearresteer word.

Die bron het gesê die verdagte kon nie alleen die slagoffer vasgehou en terselfdertyd bestuur het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters