3 maande gelede
‘Rivier sluk my maat (9)’
hartseer: Inwoners drom saam op die brug waar die tragedie begin het. Foto’s: basil davids  ~ 

ASHTON. – ’n Seun het hier op ’n brug sy balans verloor, in ’n rivier geval en verdrink.

Edwin Jansen (9) en sy tjommies was Dinsdag

hartseer: Inwoners drom saam op die brug waar die tragedie begin het. Foto’s: basil davids
Edwin Jansen FOTO VERSKAF
onveilige water: Edwin Jansen het in dié rivier geval en verdrink.

op pad dorp toe toe die tragedie gebeur het.

Edwin se boesemvriend, Jayden Ambros (10), vertel met rooi gehuilde oë hulle het Edwin se ma in die dorp gaan soek.

“Toe ons oor die brug loop, het Edwin gegly en toe meters ver onder in die rivier beland,” vertel Jayden snikkend.

Volgens hom het hulle ingespring om Edwin te red, maar hy het baie vinnig onder die water verdwyn.

Jayden sê hulle het toe huis toe gehardloop en aan Edwin se familielede vertel wat gebeur het.

Lede van die polisie se duik-eenheid het Edwin se liggaam ná ure se soek uit die rivier gehaal.

Nuuskieriges het op die brug saamgedrom toe Edwin se liggaam uit die water gehaal is.

Edwin se familie­lede is gebroke en het skaars woorde.

“Hy was ’n opgewekte kind wat baie maats gehad het,” verduidelik Stanley Papa, ’n familievriend.

’n Begrafnisdiens sal Saterdag 11:00 by Edwin se huis in Primula-straat gehou word.

’n Nadoodse ondersoek is tans aan die gang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters