2 maande gelede
Plakkers sien rooi ná Red Ants hutte afbreek
besig: Die Red Ants breek onwettige plakkershutte af.Foto: MPUMI KIVA  ~ 

GEORGE. – ’n Rooimier kan lastig wees. Só voel inwoners van die Asazani-plakkerskamp nadat die “rooimiere” gister hier kom afbreek het.

Die Red Ants – munisipale werkers in rooi overalls en rooi hardehoede – het gister hier kom huise afbreek op ’n oop stuk veld waar mense onwettig geplak het.

Moerige inwoners het magteloos toegekyk hoe hul huise afgebreek en hul huisraad in trokke gelaai word.

Gemeenskapsleiers het gesê die inwoners gaan wéér bou sodra die rooi overalls en polisie wat toesig hou, loop.

John Nqevu, ’n inwoner, het gesê: “Dis mos onmenslik om net alles van ’n mens se besitting so af te breek.

“Ons sien hoe meubels in die trokke gegooi word en baie mense wat in die werk staan, weet nie eens hulle kom vanaand na niks toe terug nie.”

Nqevu meen dat Suid-Afrikaners soos vreemdelinge in hul eie land behandel word.

Rdl. Ntombi James sê meer as 500 huise is vernietig.

James sê: “Wat gaan van die mense word? Ons wag nog om samesprekinge te hou met die munisipaliteit.”

Die meeste plakkers hier was voorheen backyarders wat hulle die afgelope maand hier kom vestig het.

Nothemba Mbawu (34), ’n inwoner, sê sy weet nie waar sy gaan geld kry om weer haar huishouding uit te sort nie.

Die cops moes skokgranate gebruik toe die inwoners hulle met klippe begin gooi het.

Niemand is gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters