10 dae gelede
Outjie vlug ná skote in’n huis klap
 ~ 

N MAN het die dood net-net vrygespring nadat daar in Jeffreysbaai op hom geskiet is.

Die voorval het Saterdag om en by 22:15 in Tuna­straat, Pellsrus, gebeur.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n 30-jarige vermeende bendelid is kort ná die skietery gearresteer.

Volgens inligting het ’n groep mans by ’n huis ingegaan. Een van die verdagtes het op toe die klaer losgebrand. Die klaer het weggehardloop en is ongedeerd.

Ondervra

Kort ná die skietery het Humansdorp se K9 Unit inligting oor die whereabouts van die verdagtes opgevolg.

Vyf mans is by ’n huis in Dolphinstraat, ook in Pellsrus, aangetref. Die polisie het die mans ondervra.

Een van die mans word nog aangehou. Die verdagte word met die Rough Riders-bende verbind.

Hy verskyn vandag in die Humansdorp-landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters