7 maande gelede
Ou val vrou aan en verkrag haar
lagoffer: ’n Tiener beweer die pastoor het haar verkrag. FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

HEIDELBERG. – ’n Jong vrou is die naweek deur ’n onbekende man aangeval en verkrag.

Die aanval het 200 m van haar huis af plaasgevind.

AO Alroy Windvogel, ’n polisiewoordvoerder, sê die jong vrou was op pad huis toe vanaf die plaaslike nagklub.

Hy sê: “Toe sy by die draadheining van die plaas­like Kindersorg-kantore kom, is sy deur ’n onbekende man aangeval en verkrag.

“Ons doen ’n dringende beroep op enigiemand met meer inligting om ons te kontak by 028 722 1910.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters