2 maande gelede
Nog 2 mans oor naweek vermoor
 ~ 

OUDTSHOORN. – Nog twee moorde het die naweek die Bridgton-gemeenskap geruk.

Volgens sers. Gretchen Michaels, ’n polisiewoordvoerder, het die eerste voorval Saterdag omstreeks 12:30 in Lappertstraat plaasgevind.

’n Seun (16) is in die nek gesteek nadat hy en sy ma glo in ’n stryery betrokke was.

Hy is op die toneel oorlede.

Ellen Mentoor (37) het Maandag op ’n klag van moord in die distrikshof verskyn. Die saak is deur landdros Roelf Konstabel vir ’n borgtogprofiel en -aansoek tot 19 September uitgestel.

Familielede van Mentoor het die hof huilend verlaat ná haar verskyning.

  • In die tweede voorval Saterdagaand is Glenton Arendse verskeie kere met ’n mes gesteek. Hy is later in die hospitaal oorlede.

Valentino Ewerts (24) het Maandag op ’n klag van moord in die hof verskyn.

Die saak is vir ’n borgtogprofiel en -aansoek deur landdros Johan Steynberg tot 18 September uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters