9 maande gelede
Mechanic rip glo ou omie (103) af
Foto: Pathways to Aus  ~ 

RIEBEEK-WES. – Die polisie hier soek ’n man wat glo ’n bejaarde man se kar sou regmaak en toe daarmee verdwyn het.

Die omie van 103 jaar oud het sy kar aan die mechanic gegee vir herstelwerk.

Die kar is vir ’n toetsrit geneem, maar die man het met sy kar verdwyn.

Volgens die stasiebevelvoerder van Riebeek-Wes, kapt. Fanie Majiedt, soek hulle nou na Cheswill Ambrose (25), wat glo weg is met die kar.

“Sy modus operandi is om mense se karre reg te maak en daarmee te verdwyn.

“Hy word ook in Citrusdal gesoek,” vertel Majiedt.

Mense met inligting kan speur-konst. Anzel Adams bel by 022 461 8100 of 082 778 6865.

Enigiemand wat inligting het wat sal lei tot die arrestasie en skuldigbevinding van die verdagte, sal ’n beloning ontvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters