4 maande gelede
Mandrax-man verskyn in hof
 ~ 

N MAN verskyn vandag in die Mosselbaai-landdroshof nadat 10 000 Mandrax-tablette by hom gevind is.

Die dwelms se sluikhandelwaarde is ’n halfmiljoen rand.

Die 38-jarige verdagte is Dinsdag in Mosselbaai deurgesoek nadat die polisie ’n tip-off gekry en opgevolg het.

Hy was besig om in ’n bus te travel vanaf Gauteng na Mosselbaai.

Volgens die polisie het cops van die Da Gamaskop-polisiestasie en die Langeberg K9-eenheid die verdagte deurgesoek.

Hy is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Mosselbaai-landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters