4 maande gelede
Landdros se olikheid delay sake
 ~ 

OUDTSHOORN. – Uitspraak is uitgestel in die aansoek van Gordon April, die ex-mayor, om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer.

Die landdros wat die saak moes aanhoor, is in die hospitaal. Die saak is tot Maandag uitgestel wanneer streeklanddros Mark van Wyngaardt waarskynlik beskikbaar sal wees.

April is skuldig bevind aan die diefstal van sand en klip van die munisipaliteit, die onwettige gebruik van munisipale voertuie, intimidasie en poging tot regsverydeling.

Hy is tot effektief vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.

Moord

Talle ander sake wat ook voor Van Wyngaardt dien, is ook uitgestel. Hieronder is die verhoor van twee polisie­beamptes van Dysselsdorp.

Dawid Vorster en Daniel Lingeveld staan tereg op aanklag van moord.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle Frank Links op 13 Januarie 2012 sodanig aangerand het dat hy in die Dysselsdorp-polisiestasie aan sy beserings beswyk het.

Die cops pleit onskuldig. Dié saak is ook tot Maandag uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters