3 maande gelede
Kopskiet-bier ‘maak mense aggressief’
ONWETTIG: Hier is die bier met die misdadige plesier. Foto: KEITH MEYER ~  ~ 

CALITZDORP. – Net die ding om jou kop oop te skiet as die geldjies skraps is.


Só vertel inwoners wat veral naweke met ’n babelas wakker raak en uitvind hul beursies is maar dun.


Maar hierdie is net wéér 'n friendly reminder dat ’n bier met die naam Kopskiet is gevaarlik. Jip, dit word glo van pynappelskille, aartappelskille, suurdeeg, suiker en warm water gemaak. Dit moet glo oornag staan om so ’n bietjie te gis – verkieslik op ’n warm plek.


Piet ‘Mol’ het vroeër aan Son vertel: “Die bier het so ’n soetsuur smaak.


Smokkel
“Eers skiet dit jou kop oop. Daarna skop jy de laaste een wat met jou wil moeilikheid maak.


“Hier is sowaar mense wat ook daarmee smokkel.


“Maar daai mense verkoop net aan hul gereelde customers.


“Want hulle is te bang die polieste vind uit.”


Dis glo veral Sondae baie gewild en word verkoop in 2 F- bottels.


“Gebruikers is glo bereid om tot R30 vir so ’n Kopskiet te betaal.”


’n Bron vertel: “Maar kom swipe-dag (AllPay), dan staan die verkopers daar met hul ‘bier-boeke’. Dan soek hulle hul tjieng.


“Daai blêddie bier maak mense aggressief. Dit neuk, baklei en steek.


“Dit maak jou honger en uitgevreet.”


Inwoners vrees ook dat vroue wat die bier drink, kan tiep en ge-rape word. So wees versigtig met die voggies oor die Festive Season Sonlanders. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters